Steve on Facebook

Haloda

|
|
Monday, 15 September 2008 00:00 |
Steve Hofmeyr stel alles bloot in sy nuwe boek, Mense van my asem.
Johannesburg, 15 September 2008.
Gewilde verhoogkunstenaar en een van Suid-Afrika se geliefste sangers en akteurs, Steve Hofmeyr, gaan op 6 Oktober sy outobiografie, Mense van my asem, ’n Zebra Press publikasie, bekendstel. Hierdie boekbekendstelling by ‘iZapa Bush & Game Lodge’ wat ongeveer 35 km vanaf Pretoria geleë is, belowe om ‘n onvergeetlike geleentheid te wees. In Mense van my asem vertel Steve uiteindelik sy lewensverhaal met passie en humor. Hy gesels oor sy kinderjare, sy tyd in die weermag en sy loopbaan daarna, asook oor gebeurtenisse en mense wie ‘n groot impak in sy lewe gemaak het. Alle aspekte van Steve se lewe word in die boek blootgestel, van onkonvensionele godsdienstige en politieke oortuigings, sy liefdesverhoudings en buite-egtelike kinders, ‘n selfmoordpoging, tot by sy huwelik en die ernstige operasies wat hy ondergaan het. Mense van my asem is ‘n boeiende en soms skokkende kykie in die lewe van Steve die kunstenaar en mens. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur is Steve ook bedrywig in die politieke arena, waar hy himself beywer vir die bevordering van Afrikaans. Hy is ook bekend vir sy rolle in die TV-reekse Agter elke man en Egoli en het reeds ’n menigte toekennings ontvang, onder andere van die ATKV vir sy onderhoudvoering in die kykNET-reeks Dis hoe dit is, van EMI vir verkope oor ’n miljoen en van SAMA vir die grootste verkoper in Suid-Afrika in alle genres. Steve is getroud met die voormalige aktrise Natasha Sutherland en hulle het twee seuns.
Oor iZapa:
iZapa Game and Bush Lodge is genes in die Bobbejaansberge net 40 minute vanaf Pretoria. Die area is malaria vry, maar dit is nog ongerep met kameelperde, bokke en bobbejane wat vry op die gronde rondloop en snags sing ‘n jakkals jou aan die slaap. Omdat dit so goed geleë is, is dit die perfekte wegbreekplek vir stadsjapies wat van die alledaagse stres wil ontsnap en dit is ook ideaal vir klein tot medium grootte konferensies of spanboue.
www.izapa.co.za
Mense van my asem, Steve Hofmeyr is gepubliseer deur Zebra Press en sal op 11 Oktober in Suid-Afrikaanse boekwinkels beskikbaar wees.
Kontak inligting: Kim Taylor, Random House Struik, 011 807 2292, of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
|
|