Steve on Facebook

Haloda

|
|
Help Me Make It Through The Night: Steve Hofmeyr Sings Kris Kristofferson (Afrikaans) |
|
|
|
|
Tuesday, 09 December 2008 08:14 |
|
Die Suid-Afrikaanse superster Steve Hofmeyr se puik musikale ode aan Kris Kristofferseon is nou op CD en DVD beskikbaar! Steve Hofmeyr het nog altyd erkenning gegee aan die liedjieskrywers en kunstenaars wat sy kreatiewe werk beïnvloed het. Dié keer bring hy musikale eer aan die kitaargenie Kris Kristofferson.
Die DVD, met die titel 'Help Me Make It Through The Night: Steve Hofmeyr Sings Kris Kristofferson', is ‘n met elektrisiteit gelaaide konsertname van sy vertoning by Emperor’s Palace in Gauteng. Steve was nog altyd ‘n aanhanger van dié Amerikaanse ikoon. Hy ken al Kris se liedjies en gevolglik was dit vir hom maklik om kreatief te herskep.
Sê Why me Lord en mense vereenselwig dié tydlose treffer onmiddellik met Kris Kristofferson, meen Steve. Dit was egter ‘n uitdaging om ‘n vertoning rondom dié enigmatiese kunstenaar te skep. Steve sê soos met sy Neil Diamond-projek, was die moeilikste deel van die voorbereiding nie om die liedjies te kies nie. “Die liedjies is daar, maar inligting oor dié kunstenaars is skaars. Ek moes ‘n teks bou met karige beskikbare biografiese materiaal.”
Steve is bekend daarvoor om aandag te gee aan detail en in dié proses dra hy ‘n unieke konsertervaring oor: ‘n kombinasie van Kristofferson se aura en sy eie benadering tot die gegewe. Naas die liedjies Jesus was a carptenter, is daar baie min sneltempowerk in Kris se repertoire. “Hy bied rustige luistermusiek,” sê Steve. Daarom het hy en sy vrou, Natasha Sutherland, ‘n fees vir die oog geskep met agtergrondpanele en videoprojekters. Die asemrowende visuele materiaal word as ‘n ID-snit op die DVD ingesluit. “Wanneer ek konsentreer, kan ek Diamond nogal getrou doen; wanneer ek ophou konsentreer, is ek Kris,” sê Steve, wie se musikale veelsydigheid en vaardigheid as akteur ‘n pluspunt is in ‘n vertoning van dié omvang. “Ons deel ‘n golflente: intellektueel en emosioneel. Dit help natuurlik dat ek ‘n stoere bewonderaars van albei is. Ek hou die musiek minimalisties en so aan die oorspronklike klank moontlik. Dit wil nogal gedoen wees met ‘n metal band!”
Die orkes verleen deurentyd die regte raamwerk vir steve se vokale vertolking en komplementeer die afgeronde trefkrag van die opname. Steve geniet wat hy doen. Hy glo in die impak van musikale huldeblyke aan die wêreld – en Suid-Afrika - se beste en gewildste kunstenaars. Hy mág; het immers self oor die 180 van sy nuutskeppinge op 19 CD’s opgeneen en daarmee oor die twee miljoen CD’s verkoop.
In 2009 beplan hy nóg ‘n Neil Diamond-toer: Beautiful Noise Reunion 2009. Die vertoning en gepaardgaande opname sal twintig liedjies uit dié ikoon se repertoire bevat – onder meer Cherry Cherry’, Play Me, Morningside, Brooklyn Road en Crunchy Granola Suite. “Naas my Toeka-projekte is die Kris Kristofferson-vertoning my troetelprojek. Ek het die opname binne twee weke gedoen, tussendeur twee massiewe operasies. Tydens die opnames het ek nog ‘n kolostomie-sak gedra. Ek het intussen heeltemal herstel, maar ek moet erken, die ongemak tydens die opnames het die interpretsie aansienlik gehelp.” Die klankbaan op CD Help Me Make It Through The Night: Steve Hofmeyr Sings Kris Kristofferson is op 20 Ockober uitgereik. Die DVD volg die einde van die maand.
|
|