<<  July 2010  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
     1  2  3  4
  5  6  7  8  91011
12131415161718
19202122232425
262728293031 
  • Haloda

    Haloda Steve se nuwe CD met Haloda, Kol Op Die Maan, 12 uur, Asemrowend, Vredenburg, Mei en meer.
  • 1001-Super Uitgawe

    Duisend En Een2010 sees Steve's 23rd CD. A re-release in 2011 with a new hit "Ons sal dit oorleef" and 3 music videos
  • Steve sings Diamond

    Beautiful Noise 2009 ReunionAll new show! - See Gig Guide for dates
  • Autobiography

    Mense van my asem South Africa's #1 bestseller for 6 weeks! (Non-Fiction) Autobiography
    Mense van my asem Mense Van My Asem in top 5 best selling SA nonfiction for 3 straight months!
  • Steve - Live!

    Steve - Live!Come catch Steve on tour: Concert's country-wide. Check "Toer Datums" for more info.
     
Special Feature

Steve on Facebook

Steve on Facebook

EMI SA

Logo EMI

Haloda

Music Samples

Bijan Hair Boutique

Bijan

Share

Recent News
Waarmaker - Dubbel-Platinum Status PDF Print E-mail
User Rating: / 8
PoorBest 
Tuesday, 09 December 2008 08:28
STEVE HOFMEYR - WAARMAKER - DUBBEL-PLATINUMSTATUS!

Ná verkope van digby die tweemiljoen albums bied die SA superster Steve Hofmeyr sy negentiende album: Waarmaker – wat reeds dubbelplatinumstatus bereik het! Oor dié album sê Steve: “Ek het nog nooit een CD gehad waarin die lirieke verraai hoeveel ek hoop en droom nie, dat die goeie goed sal bly en dat die minder goeie sal weggaan. Waarmaker is liedjies oor geloof en hoekom ons nie altyd die waarmaker van ons diepste wense kan wees nie.” Steve sê hy voel baie meer tuis in sy liedjieskoene en hoef nie meer te wroeg oor wat hy sing, cover, skryf of uitlaat nie.

Dis ‘n album met deernis en soms erns – en skop af met elke mense se diepste wens: Sê nou. Die lewe is egter nie (net) ‘n sprokie nie. Daarom is daar slegs een speelse liedjie hierop: Donkie-song, wat, saam met Steve se eietydse weergawe van Amarillo (show me the way) dansvloervreugde sal verskaf. Voorts gaan die album om hoop, geloof, liefde en drome.

Dit is ‘n uiters persoonlik stuk werk en hierop bied hy ook sy eerste gospellied in ‘n lang tyd: God se beledelaar, verwerk op die melodie van St. Elmo’s fire. “Ek is soms bang om grootsheid te verwoord en ek het op die melodie van St. Elmo’s fire besluit omdat dit reeds in my skooldae bygebly het en dié majestieuse wysie hom leen tot iets magies.” Die resultaat is ‘n geestelike lied waarin daar nie ligtelik met gewyde teks omgegaan word nie.

In die gees van hoop, geloof en liefde bied Steve die liedere Adore  en Storybook story (in puik duet met Claire Johnston van Mango Groove-faam), Daai blerrie droom,  Laaste ronde en My droom die.   Tussen die albumgenietinge is die bittersoet musikale karakterskets oor Windgat de Klerk - in duet met Denver Vraagom se getroue kalirds-taalvertolking; en gepoets met die sestigjarige se heerlike 6/8-maatstyl, waarvoor The Flames ook bekend was. Hierop kan jy close dans! Eweneens verleen hy eiesoortigheid aan die tydlose gunsteling Dedication. Soos gewoonlik gaan Steve eiesoortig om met die liefdesballade en dit doen hy weer met die ritmelied Hermanus, waarin ‘n selfblik nie uitbly nie. Een van die opwindenste liedjies op die album is die snit Verjaar – ‘n herdenkingslied vir die viering van die liefde.

Die produksie is getrou aan die groot Steve Hofmeyr-klank, meer rockgekleur – met Andries Botha se kitaar en agtergrond stemwerk. Steve se ABSA Waarmaker-toer in 2008 gaan ‘n vol orkes benut. Die produksie – in samewerking met Kevin Kruger – is opwindend, met onvoorspelbare, vernuwende wendings, reuse-orkestrasie en Steve se beste stemwerk op CD nóg. Dié album fokus nie net op sy vernuf as liedjieskrywer nie – oor die 180 van sy kompoisisies is al opgeneem - maar dit plaas ook Steve as sanger op die voorgrond: ‘n sanger wat boei met vokale veelsydigheid en afwisselende stemskakering.

‘n Entjie in ná die ontlading-slotsnit, kry jy (as “versteekte”) snit op marsmaat ‘n gelowige trotskreet en ‘n skeut konsertinagenot met die saamsingvreugde Die trekliedjie.  Geluk lê net om die draai! Dit is Steve Hofmeyr se Waarmaker. ‘n CD vol drome – én hoop!
 
Weskusplek
Helpende Hand Fonds
Photocommission.com - Pro Photographic Services