Steve on Facebook

Haloda

|
|
Vier Briewe vir Jan Ellis |
|
|
|
|
Tuesday, 16 March 2010 00:00 |
Vier Briewe vir Jan Ellis
Nuwe boek, Steve se 5de
Is dit moontlik om ‘n kort lewe van sestig jaar in net eenhonderd bladsye op te som? Is dit moontlik dat een man se onskuld ander soveel leed besorg? Vier Briewe vir Jan Ellis is eg Suid Afrikaans en eg Afrikaans, waar die lot en noodlot geen wrok hou nie en sommer almal om die beurt bykom. Daar, waar reg en verkeerd soos mis oor die grou Weskus hang, besluit ‘n jong posman om nié sy pos af te lewer nie, omdat daar vir hom ‘n ander toekoms wag, in die spore van die grootste rugbyflank ooit. Gruwelike onskuld. Jy kan bid vir tyd om reg te maak, maar soms lyk dit vir George Jan Ellis Kok of die gode lankal nie meer luister nie. Ek’s op my “rims”, sê hy, toe die tronkdeure veertigjaar later agter hom toeslaan. Hy loop Nuweland toe sonder om op te kyk, want hy weet hy is ‘n “manganeet vir skuld”. En hy stap terug Diazville toe om reg te gaan maak wat hy dink hy verbrou het. Staaltjie vir staaltjie, soos die konsertinaweer van die Boland, maak die onverrekenbaarheid jag op jou - maar as jy Vier Briewe Vir Jan Ellis neersit weet jy dat die lewensverhaal wat jy nog moet skryf, reeds voor jou afgespeel het. Vier Briewe Vir Jan Ellis is Steve Hofmeyr se vyfde boek.
|
|