<<  May 2012  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
   1  2  3  4  5  6
  7  8
14171820
212223242627
282931   
  • Haloda

    Haloda Steve se nuwe CD met Haloda, Kol Op Die Maan, 12 uur, Asemrowend, Vredenburg, Mei en meer.
  • 1001-Super Uitgawe

    Duisend En Een2010 sees Steve's 23rd CD. A re-release in 2011 with a new hit "Ons sal dit oorleef" and 3 music videos
  • Steve sings Diamond

    Beautiful Noise 2009 ReunionAll new show! - See Gig Guide for dates
  • Autobiography

    Mense van my asem South Africa's #1 bestseller for 6 weeks! (Non-Fiction) Autobiography
    Mense van my asem Mense Van My Asem in top 5 best selling SA nonfiction for 3 straight months!
  • Steve - Live!

    Steve - Live!Come catch Steve on tour: Concert's country-wide. Check "Toer Datums" for more info.
     
Special Feature

Steve on Facebook

Steve on Facebook

EMI SA

Logo EMI

Haloda

Music Samples

Bijan Hair Boutique

Bijan

Share

Recent News
Die Verste Uur PDF Print E-mail
User Rating: / 9
PoorBest 
Saturday, 02 July 2011 00:00

SH-DVU

Die Verste Uur

Nuwe boek, Steve se 6de

Jy’s ’n skaam student. Gemiddeld maar nuuskierig. In die oë van die meisie van jou drome is jy ’n bleeksiel. Jy is platsak en gryp die eerste die beste geleentheid aan om ekstra sakgeld te verdien deur ’n vermiste professor se studeerkamer op te ruim. Hier ontdek jy sy navorsing oor ’n komponis, maar ook ’n liefdesbrief aan sy vrou waarin hy sy verdwyning aan haar verduidelik. Dié steek jy weg om later in jou koshuiskamer te gaan bestudeer. Dit is ’n doodsonde, want oornag ruk daardie brief jou uit jou saai bestaan. Jy word skielik wakker in die liggaam van jou oupa¬grootjie, ’n bang bode in die middel van die Anglo-Boereoorlog. In die verwarring versuim jy om generaal Cronje se boodskap van oorgawe oor te dra. Hierdie misstap het yslike gevolge: die Boere verpletter die Kakies in ’n onverwagte veldslag. Brittanje onttrek en … kaplaks … jy’s terug in 2011. In Pretoria. Akasiastad (jakarandas was ’n Britse konsessie!). Beatrixstraat is daar, maar Hamilton se naam is nou Ignatius Ferreira. Dis nog niks. Die meisie van jou drome, wat jou in jou voormalige heelal ignoreer, is smoorverlief op jou in hierdie heelal, waar jou nuwe meisie ’n nimfomaan is! Jy het een uur en een kans om terug te gaan. Vraag is: sou jy?

In sy spanningsvolle nuwe boek maak Steve Hofmeyr jou al die duwweltjies raak trap op ’n fantastiese Jan Allemansreis. Hy roer plek-plek omstrede kwessies aan, maar soos in al sy werke word die leser gekonfronteer met verrykende vrae oor die liefde, oor keuses, oor wie ons is en waar ons inpas. Vintage Hofmeyr.

Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheidskunstenaars in Suid-Afrika. Benewens vir sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man en verskeie films en sepies, insluitende Egoli. Hy het reeds ’n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinum-status vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ’n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem, was ’n topverkoper in 2008, en sy eerste roman, Vier briewe vir Jan Ellis, is in 2010 gunstig deur kritici ontvang.

“Hofmeyr is ‘n maestro” – Deon Meyer

ISBN: 978 177 022 1642 | RRP: R150.00 | CLASSIFICATION: Fiksie

Vir voorbladmateriaal, skrywerfoto’s of om ’n onderhoud met Steve te reël, kontak vir Kim Taylor: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it / 011 484-3538. Vir meer inligting, besoek: www.randomstruik.co.za

 
Weskusplek
Helpende Hand Fonds
Photocommission.com - Pro Photographic Services