<<  May 2012  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
   1  2  3  4  5  6
  7  8
14171820
212223242627
282931   
  • Haloda

    Haloda Steve se nuwe CD met Haloda, Kol Op Die Maan, 12 uur, Asemrowend, Vredenburg, Mei en meer.
  • 1001-Super Uitgawe

    Duisend En Een2010 sees Steve's 23rd CD. A re-release in 2011 with a new hit "Ons sal dit oorleef" and 3 music videos
  • Steve sings Diamond

    Beautiful Noise 2009 ReunionAll new show! - See Gig Guide for dates
  • Autobiography

    Mense van my asem South Africa's #1 bestseller for 6 weeks! (Non-Fiction) Autobiography
    Mense van my asem Mense Van My Asem in top 5 best selling SA nonfiction for 3 straight months!
  • Steve - Live!

    Steve - Live!Come catch Steve on tour: Concert's country-wide. Check "Toer Datums" for more info.
     
Special Feature

Steve on Facebook

Steve on Facebook

EMI SA

Logo EMI

Haloda

Music Samples

Bijan Hair Boutique

Bijan

Share

Recent News
1001-SAMA PDF Print E-mail
User Rating: / 13
PoorBest 
Saturday, 02 July 2011 00:00

SH-1001-SU

1001

2011 SAMA Toekening

Die Suid-Afrikaanse superster Steve Hofmeyr se 2010-album is onlangs met die SAMA-toekenning vir die beste kontemporêr-volwasse Afrikaanse album bekroon. Dit stempel bloot sy status as die voorste kunstenaar van Afrikaanse popmusiek!. Die musiekresensent CJ “die Loslit DJ” de Swardt het dié album reeds vroeër jaar in dieselfde afdeling in sy jaarlikste Oppinoottoekenning as wenner aangewys.

Steve, wat nie skroom om prontuit kommentaar op kwelkwessies te lewer nie, het op sy vokale vermoëns en liedjieskryfvernuf gefokus en het ánder nuuswaardighede en politiek effens op die agtergrond geskuif – tot dit nodig was om die nuwe treffer Ons sal dit oorleef  op die splinternuwe super-verpakking in te sluit.  Sónder die omstrede “k”-woord.  Op die DVD gee Steve agtergrond oor die videoliedjies en ons leer onder meer dat die “k”-woord hier eintlik kryger is. Dié ontroerende DVD is binne ‘n uur geskiet, met Steve wat bid teen ‘n muur, verpak met ‘n spontane gebed deur die vermoorde Afrikanerleier Eugéne Terre’Blanch, en ‘n omgeetraan wat langs Steve se wang afloop… Dit gaan om die Afrikaner se trots, prestasies, tekortkominge en onblusbare geloof tot oorwinning.

Die nuwe verpakking bevat nog drie musiekvideo’s. Daar is FM Stereo;  popreg gepoets – met die trefreël “Ek roep jou met die stem van ‘n duisend seuns” wat verwys na die 1 000 stemme van die massakoor van die Afrikaans Hoër Seunsskool in Pretoria, wat op die album gehoor word. Hoewel dit ‘n liefdeslied is, strek die boodskap wyer. “Dit gaan om die stryd om die regte frekwensie te vind om na mekaar uit te reik; ‘n paartjie in ‘n liefdesverhouding of ‘n samelewing wat na versoening streef,” sê Steve. Die video-weergawe (met Liezl van der Westhuizen in die hoofrol) is opwindend speels – en toe maar net ‘n droom…

Ook met Juliet (‘n liefdeslied oor hoe liefde begin en groei  - uit die pen van Johan Vorster) met ‘n verrassende wending aan die einde... Op Blou Ballon  kry Steve se bewonderaars die geleentheid om sy jongste laaities in aksie te sien – en ‘n kykie op dinge van bo-af.  Inteendeel, Steve het familie, vriende en kollegas bymekaar geroep om dié video’s te maak – met regie deur Lindi du Preez, wat ook die TV-geselsglansprogram Dis hoe dit is met Steve behartig het.

Met 18 snitte – twaalf daarvan sy eie oorspronklike nuutskeppinge – put die album uit alles en wat nog wat Steve as die land se veelsydigste en gewildste Afrikaanse vermaakkunstenaar gevestig het.  Voeg daarby die stewige popmelodieë waarvoor Steve bekendheid verwerf het en jy kry ‘n album wat reeds wyd radio- en televisietyd geniet.

Tussen die gewildste albumsnitte is die gestroopte juweeltjie DKW; ‘n vryliedjie met sestigerjare-nostalgie. “Dit is Pampoen se maatjie,” glimlag Steve. Steve en Patrizio se weergawe van Gé Korsten se treffer Liefling, wat verlede jaar tydens die Italiaanse superster se toer in Suid-Afrika opgeneem is, is reeds gewild op die radio.  Patrizio het destyds opgemerk Steve is een van die mees gepoleerde liedjie-interpreteerders ter wêreld. Steve, ook bekend om sy eiesoortige omgang met die werk van onder andere Neil Diamond en Kris Kristofferson, herbesoek ‘n aantal immergroen treffers op Duisend en een – met die insluiting van All I need is the air that I breath  en Don’t forget to remember. Ewe indrukwekkend is Steve se Afrikaanse omwerkings van Puccini se Nessum Dorma as Ewigheid en die roerende liefdeslied Love hurts as Verniet.  Ook met Steve se skitterende liefdesballade Sê vir almal jy is myne .

Met die vokale medewerking van Jannie Moolman, Juanita Kruger en Veronique Lalouette, verskeie regisseurs (met inbegrip van Mauritz Lotz, Kevin Kruger en Werner Beukes) en bekwame musikante skep Steve ‘n versameling byblyliedjies, gekomplementeer deur orkestrale verwerkings, stylverskeidenheid en Steve se emosievolle diep rasperstem.

Steve sê: “Ek onderskat nooit my gehoor nie. Ek probeer om altyd ‘n ongelooflike vermaakervaring aan my ondersteuners te bied. Ek doen dit met my hart en siel. Ek filosofeer en debatteer elders, maar wanneer dit by musiek kom, gaan dit om my aanhangers; die gehoor wat my musiekloopbaan gevestig het. Met Duisend en een  wil ek vir hulle ‘n album bied wat hulle nooit, nooit sal vergeet nie.”

Steve het daarin geslaag! Die album Duisend en een  is die album wat Steve se loopbaan definieer en omlyn.

Navrae: CHRISTIEN DE KLERK by EMI 082 809 1020

 
Weskusplek
Helpende Hand Fonds
Photocommission.com - Pro Photographic Services