Steve on Facebook

Haloda

|
|
Julius, taxi's NZ&Oz, Zuma, ET, Idols, DHDI en what have you... |
|
|
|
|
Wednesday, 21 April 2010 08:15 |
|
* Meer Taxi-stakings, asb. Die paaie was vinnig en veilig die week. Ek wonder of ek en enigiemand wat al saam my marsjeer het in tientalle optogte ooit een enkele keer die drang demonstreer het om een enkele asblik om te keer? * Kyk FM STEREO se video op Facebook. Druk net op Facebook raampie heel links, of hier. Lees iAfrica artikel hier. Kyk ook eTV Sondag 12 uur, vir Justice Mahala se kwaai onderhoud. Sekere swartes wil skielik nie in terme van stamme praat nie - maar die regering sonder swart stamme graag uit as dit om by BEE, kwotas ens. Ek dink nie ek kan enigsins in die Suid Afrikaanse debat deelneem as ek moet maak of ek nie uit 'n Afrikaner agtergrond dit doen nie. Hulle mag maar probeer. * Sien julle binnekort in NZ en OZ. Auckland is reeds uitverkoop en die ander kaartjies loop fluks. Kan nie wag nie. Ek bring DuisendEnEen en Vier Briewe saam. * Die Edwil konsert is eintlik skaars aan mekaar gesit. Ek onthou geen plakkate of advertensies nie en weet eintlik nie hoe die publiek moes weet dat daar 'n huldeblykkonsert was nie. Eintlik verstaan ek die Beeld artikel glad nie. * Hitachi says they did not know Chancellor House was an ANC front company. What exactly is “an ANC front company”? Isn’t that illegal, Mr Phosa? And I trusted you. *  * Ja, ek hoor self Dis Hoe Dit Is se klank is verskriklik, maar ons werk daaraan. Glo iets te doen met bandwydte (nee, niks te doen met ‘n orkes se dieet nie.) My kaal drommerdonner verjaar Vrydag 23ste April. * Ek is vrot van die onderhoude. Lees iAfrica en JHBLive. Meeste ou “linkses” is ongelukkig oor my ET alliansie. Maar ek sal nie voorgeskryf word oor vriendskapsbande nie. Ook nie oor ideologie nie, want ek het baklei vir die oop gemeenskap en ruimte vir verskille. Nie almal is opgewasse vir die Nuwe NUWE SA nie. * Mara waarsku my dat sy ‘n ANCJL optog teen my deelname aan IDOLS (Durban), in die kiem gesmoor het. Die ANCJL is nie amper voorbereid vir die nuwe NUWE SA nie. Dit is nie ‘n ideaal wat kan bereik word in hulle geselskap nie. Dis jammer. Of is dit? Tydens my besoek aan Idols in Durban het Mara Louw die eerste uur nie met my gepraat nie. Ek het geweet waaroor. Ek het haar gewaarsku dat sy vergeet het dat ek die generasie is wat sy gemaak het, geleer het om te marsjeer en vuis te swaai as ek onreg vermoed. Dit doen ek nou. Ek het haar ook gevra waar al die ander Suid Afrikaanse kunstenaars heen verdwyn het toe ‘n Suid Afrikaans politikus ‘n fatwa uitgespreek het oor een stam in Suid Afrika, nl. die Afrikaner. Soos vele ander kunstenaars, het sy my nie geantwoord nie. Sy het my meegedeel dat ek haar moet bedank dat die ANCJL my nie daardie oggend ingewag het nie. Hulle wou protesteer teen my deelname as “rassis”. * Kaptein Dolf (Facebook), miskien IS wittes rassiste want hulle begeer nie om te assimileer nie. Rassists are non-envious, seg Fanon. Ek kry ook geen wit Boere wat ou swart plaasboere wil verkrag nie. Maar, helaas, ek is taamlik seker jy kry swart rassiste ook. * Ek lees steeds Paul Kruger en Writing African History, 'n boek ter regverdiging van die juistheid van orale tradisie, I kid you not. Nog Afro-optimistiese terapie. As ek swart was het ek meer gekots.
* Vier Briewe Vir Jan Ellis kry sy tweede oplaag. SY verkope staan op 8000 na enkele dae. Lees Joan Hambige se resensie hier. En sy is een taai antie wat pynlik eerlik kan wees. * Bookmark these four sites to keep in touch with Steve’s everyday doings - Dit is nou moontlik om op vier verskillende plekke deel te word van Steve Hofmeyr se dag tot dag dinge. Boekmerk die volgende kuierplekke en bly op hoogte met sy wêreld, sy CD’s,sy opinies, nuus en konserte.
1. Steve se DIS HOE Dosis op Jakaranda 2. Sy nuwe Facebook kring 3. Sy alomberugte webblad (hier waar jy nou lees) 4. En sy Twitter (vir daaglikse op die minuut inskrywings)
|
|