<<  July 2010  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
     1  2  3  4
  5  6  7  8  91011
12131415161718
19202122232425
262728293031 
  • Haloda

    Haloda Steve se nuwe CD met Haloda, Kol Op Die Maan, 12 uur, Asemrowend, Vredenburg, Mei en meer.
  • 1001-Super Uitgawe

    Duisend En Een2010 sees Steve's 23rd CD. A re-release in 2011 with a new hit "Ons sal dit oorleef" and 3 music videos
  • Steve sings Diamond

    Beautiful Noise 2009 ReunionAll new show! - See Gig Guide for dates
  • Autobiography

    Mense van my asem South Africa's #1 bestseller for 6 weeks! (Non-Fiction) Autobiography
    Mense van my asem Mense Van My Asem in top 5 best selling SA nonfiction for 3 straight months!
  • Steve - Live!

    Steve - Live!Come catch Steve on tour: Concert's country-wide. Check "Toer Datums" for more info.
     
Special Feature

Steve on Facebook

Steve on Facebook

EMI SA

Logo EMI

Haloda

Music Samples

Bijan Hair Boutique

Bijan

Share

Recent News
Malema uit Idols. Afrikaans sterf. Die Fokofpolisiekar-fliek. Wie was Paul Kruger? PDF Print E-mail
User Rating: / 158
PoorBest 
Saturday, 27 March 2010 12:29

Look out for my forthcoming article: IT'S TIME FOR BLACKS TO ADMIT...(eh, what do you mean is it racists too?)


Bookmark these four sites to keep in touch with Steve’s everyday doings - 
Dit is nou moontlik om op vier verskillende plekke deel te word van Steve Hofmeyr se dag tot dag dinge. Boekmerk die volgende kuierplekke en bly op hoogte met sy wêreld, sy CD’s,sy opinies en sy konserte.

1.    Steve se DIS HOE Dosis op Jakaranda
2.    Sy nuwe Facebook kring
3.    Sy alomberugte webblad
4.    En Twitter (vir daaglikse op die minuut/gebeure inskrywings)

 

Man, ek voel soos ‘n Idols judge vandag.

Idols judge: Julius, who exactly told you you can sing?
Malema: Eh...ees JZ.
Idols judge: But he also sings k@k.
Malema: Ôkêê.
Idols judge: Jy word uitgestem op grond van jou swak repertoire, jou beeld oor die algemeen en ‘n totale afwesigheid van die X-faktor.
Malema:
Eissh. Thees ees a White conspeeracee. I can seeeng preeetty!
Idols Judge: Koebaai, jy’s die Weakest link, the Tribe has Spoken, totsiens, oppas vir die trappe, die boere en die PACYL. Have a great life and pay your taxes. Next!
*

Hier bo is ek en Affieskoor aan die werk met Duisend en Een se opnames. Dit klink hemels! Dankie manne.Hulle maak ook 'n verskyning in die FM Stereo video.

*
Nie, ek dink nie ons gaan die Volkslied ooit saam sing nie, maar Julius word elektronies baie deeglik bespreek. Ek Google 193 groepe of bladsye (meesal) teen Julius:


“One Million against Julius Malema the world’s biggest douche bag” (61 000)
“Remove Julius Malema as president of the ANCYL” (87 400)
“Can dead warthogs get more fans than Julius Malema” (40 000)
“Youth Against Julius Malema” (7900)
“Stop Julius Malema” (7500)
“Julius Malema is a clown” (4000)
“Julius Malema is not my leader” (2100)
“Julius Malema jou dom d**s” (4200)
Daar is selfs ‘n groep vernoem na sy uitspraak “I’d rather kill myself than to commit suicide”. Rerig.
Daar is darem ondersteuning vir hom soos die 5000 by “Julius Malema”, wat intussen geblok is.
Die blad “Christians Praying For Julius Malema” het ongelukkig net 31 gebede. Dit gaan meer kos, julle.
*
Iemand skryf hulle kots elke keer as hulle my immorele bakkies in die koerant sien (Beeld 27 Maart 2010). Ek kots elke keer as ek alleen namens hom baklei vir die voorreg om iemand te beledig in sy moedertaal.

Bo march ons saam Afriforum. Nooit meer as so eenhonderd belangstellendes nie. Gerrie se T-hemp bo, som eintlik alles op.

Voor Lithuli huis. Daar trek ons memo die strate in, maar die media vang alles vas op kamera. Die ANC Jeugliga loop hulle vas in ons plan. Few Good Men. Nie die slimste rocketscientists in Lithuli-huis nie.
*
Die taal sterf, reken Breyten.
So tussen die vasskop deur, stem ek uiteindelik saam. As dit so voortgaan sal die laaste Afrikaanssprekendes myns insiens  teen 2070 reeds gebore wees. Behalwe Engels is Afrikaans die enigste ander Afrikataal met meer as 20 hoër taalfunksies  waarsonder  ons die pad sal loop van enige kombuistaal  - kleinhuisie toe. Ek wonder of drie van daardie funksies oorgebly het. Ons sal ons darem op die oudste en grootste Afrika taal argief kan roem, maar belangstelling daarin sal slegs akademies wees. Dieselfde verlies sal by ander Suid Afrikaanse tale gevoel word. Zoeloe, Xhosa en Sotho word geensins deur daardie taalgebruikers geloof of bevorder nie. Dis makliker om Engels te praat as om die wêreld literatuurskat in Ndebele te vertaal.
Post millennium was daar selfs ‘n groter aanvraag na Afrikaans as Zoeloe by wetenskap fakulteite in KwaZulu-Natal. Omdat kommunikasie in ‘n kommunikasie era alles is, sal Engels en sy verbasterings uiteindelik bo-toon vier. Europa en China sal Engels-intolerant bly en Spaans-Latyns sal met Engels wedywer om die Amerikaanse tong, soos Australië later sal plek maak vir die Oosterse tale uit die noorde. Maar nie in Breyten se tyd nie. Veel later. My opinie.
*
Ek geniet Beeld se meningspeilings. Om te onderskei tussen die rasionele, die idealiste en wensdenkers, sou ek hierdie antwoorde van Suid-Afrikaners, maar veral Afrikaanse lesers wou hoor.
Wat wil jy hê?
a.    Die huidige regering as voorland
b.    ‘n Eerlike, toerekenbare  regering, ongeag kleur.
c.    ‘n Eerlike toerekenbare regering, slegs wit.
d.    Bring terug die Vierkleur.

*
Dankie regter Ishmael: PTA bly PTA!
Dankie regter du Plessis: Taalregte is terug!
Dankie regter Halgryn: Kill the Boere is verban!
Goeie week.
*
Ek het hierdie naweek die Fokofpolisiekar dokumentêr uitgeneem.  “Toets my!” skree hulle in een van my gunsteling Fokof songs, in ‘n gatlinggun MK versorging van hulle onstuimige loopbane in die kuns van verset.  Jip. Adolessensie is serious revolusionêre k@k. Jou identiteit tel spoed op ondanks jou gene en al hoe meer woorde rym met die frase “fok my pa”. Soos “fok my ma” en  “rook ‘n blaar”. Evolusie pantser jou in hierdie tydperk dat jy moet dink jou anti-establishment verweer is uniek, revolusionêr - maar veel meer belangrik: koewl. Gooi daarmee saam self-deïfikasie (‘n  bestanddeel waarbinne jy jou eie media glo) en ‘n DVD oor jou prestasies word die volgende stap. Dit sou jammer wees as jy nie in The Clash en The Beatles (self Steve Hofmeyr of Kerkorrel) dokkies, dieselfde twentysomething-kwaadkat houding bespeur het nie.
Die groter sonde was ons almal s’n: om klippe te gooi sonder suggestie van een enkele alternatief wat die wêreld daadwerklik sou verander het. Nihilisme, dagga en Dylan het ook voorheen fokol opgelos.
Genoeg kritiek. Ek ken hierdie manne en tel hulle onder die mees talentvolste kreatiewe breine die afgelope twee dekades. Die Voëlvry mantel kon neergelê word, maar hierdie rockers stu voort. In hulle onderskeie projekte bloei hulle as volwasse kunstenaars, wat desnoods in tyd die establishment al hoe meer sal bywerk in hul kruistog na vryheid. Nie alle tydlose juweeltjies is aanvanklik ooglopend nie. Beslis nie op 25 nie. Later sien jy hoe tyd die definisie van vryheid hier reg voor jou oë kom kaap, manne, maar nuns fret not at their convent’s narrow room.  Dat William Wordsworth ook hiermee kon worstel? In die 18de eeu! Oor die blinde Milton skryf hy: and when the damp fell around the path of Milton, in his hand the thing became a trumpet. Teen sy wil, begin Stef Bos al hoe meer lyk soos sy vader, as hy Papa sing.
Binne enkele jare sal Francois sy eerste dogter se doeke wissel in die parkinglot van ‘n rockshow waar die jong bewonderaars  in afwagting reeds “fok god” begin jubileer het. In haar oë sal die establishment vir jou glimlag en jou liefde vir haar sal onvoorwaardelik en effe uncool wees.
In my opinie mag Francois nooit ophou skree nie. Ons skree al een eeu te min as gatvol Afrikaners.
Kry hom. Koop hom.
*
Ek lees Paul Kruger se biografie (D.W. Krüger, Praag, 2009). Ek wou nie, want ek weet nie of daar Afrikaners/Boere was voor Afrikaans nie. Miskien is ek verkeerd. Ek vind dit egter hoogs insiggewend. Oom Paul was brandarm, malbraaf, ons onvloedrykste Afrikaner ikoon en verantwoordelik vir die dwaalleer dat Afrikaners hulself as Ou Testamentiese "uitverkorenes" gesien het. En toe al die daaropvolgende k@k. Hy was ook rateltaai, diplomaties, wys en soms bietjie af. In die afwesigheid van Simply Slim het hy perde voos gejaag tussen die republieke deur. Hy het baie meer kinders as ek gehad, maar baie minder as Zuma. Hierdie 600 bladsye gaan ek beslis klaar maak.
*
Dankie aan soveel media wat hierdie week my saak en ope brief aan Malema, korrek geparafrasseer het.
*

FM Stereo se video is voltooi. Hier kom 'n ding. Die hele Affies verskyn daarin, asook Liesel vd Westhuisen. Hot stuff, girl! En dankie. Bo staan ek en die orkes gedurende die een opnemae van FM Stereo, se storie oor verlore seine. Ek, Liesel en Jakaranda FM wenner, Natasha, glimlag geburende die skiet. En laastens trek die die spietkops my af oor die FM Stereo nommerplaat. Ons is gewaarsku, maar kon darem bietjie sokker gesels.
*
Binnekort verskyn my weeklikse dosis inskrywings vir die Jacaranda blogs hier.  My blog se naam is Steve Hofmeyr se "Dis Hoe" dosis. My eerste dosis adviseur Bafana Bafana stap vir stap presies hoe om die FIFA WB Soccer te WEN! Links staan ek en Darren van die ontbytprogram op Jakaranda Stereo.
*
Sien jou by die KKNK. DIS HOE DIT IS begin en VIER BRIEWE VIR JAN ELLIS verskyn hierdie maand. Vir Duisend en Een moet ek ook maar wag tot 3 Mei. Kyk uit vir heerlike Rooi Rose en Sarie artikels in die volgende weke.
*
Lekker. My seuns trek in vandag. Vakansie. Vir hulle.

Steve

xxx

 
Weskusplek
Helpende Hand Fonds
Photocommission.com - Pro Photographic Services