<<  February 2012  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
    5
  6  7  8  9
13141516171819
20212223242526
272829    
  • Haloda

    Haloda Steve se nuwe CD met Haloda, Kol Op Die Maan, 12 uur, Asemrowend, Vredenburg, Mei en meer.
  • 1001-Super Uitgawe

    Duisend En Een2010 sees Steve's 23rd CD. A re-release in 2011 with a new hit "Ons sal dit oorleef" and 3 music videos
  • Steve sings Diamond

    Beautiful Noise 2009 ReunionAll new show! - See Gig Guide for dates
  • Autobiography

    Mense van my asem South Africa's #1 bestseller for 6 weeks! (Non-Fiction) Autobiography
    Mense van my asem Mense Van My Asem in top 5 best selling SA nonfiction for 3 straight months!
  • Steve - Live!

    Steve - Live!Come catch Steve on tour: Concert's country-wide. Check "Toer Datums" for more info.
     
Special Feature

Steve on Facebook

Steve on Facebook

EMI SA

Logo EMI

Haloda

Music Samples

Bijan Hair Boutique

Bijan

Share

Recent News
Hemelsbreed... PDF Print E-mail
User Rating: / 193
PoorBest 
Wednesday, 05 May 2010 19:46

Mnr. Hofmeyr
Ons is moeg om die morele bankrotskap van u, sportsterre en presidente te volg in die media. Duidelik verskil ons definisie van God se wil hemelsbreed.
Ons moet praat.
Ds. A.Venter


Ds. Venter.
Jy is reg. Ons verskil hemelsbreed.

Jy wil praat oor sonde
ek wil praat oor misdaad

Jy wil praat oor seks en ekse
ek wil praat oor die liefde vir twee vroue

Jy wil praat oor die grense van liefde
ek staan verstom oor die omvang daarvan

jy wil praat oor die Weg van Liefde
ek wil iets sê oor liefde wat weg is

jy wil praat oor buite-egtelike kinders
asof daar iets buiten egte kinders is

en terwyl jy trots mag wees op joune
eis jy ‘n verskoning vir myne

Jy wil hê ander moet ‘n voorbeeld vir jou kinders wees
ek wil hê jy moet ‘n voorbeeld vir jou eie kinders wees

maar jou morele riglyn is priesters, presidente en bekendes
myne is gewone mense wat die onmenslike trotseer

Jou ideale leier is – iemand soos jy
ek vra vir die soewereiniteit van ruimhartiges

Jou armoede lê in jou gespog oor wat jy het
my rykdom is die kennis van wat ek kort

Jy wil praat oor ander se gapende voordeur
ek wil praat oor jou oop agterdeur

Jy wil praat oor rokjagters asof die idee
van vroue met keuses ‘n taboe is

Jy wil raai oor reg en verkeerd in ‘n ideale wêreld
ek wil praat oor regmaak in die regte wêreld

Jy wil praat oor moraliteit en gode
ek wil praat oor die etiek van die sterfling

Jy wil praat met die swaar vuis van oordeel
ek wil luister na die beurtsang van die brose

Jy gebruik jou vingers om ons uit te wys
myne bly in ‘n vuis oor my hart geklem

Jy volg media spasie oor bekendes se feilbaarheid
ek baklei vir die spasie om mens te wees

jy geniet pynlike publieke kruisigings
ek veg in die doodloopstraat van privaat seer

Jy wil hê ek moet soveel moontlik soos jy wees
terwyl daar soveel opinies is as wat daar mense is

Wat ek wegsteek word miskien hier gewys
maar wat jy hier wys sou ek wegsteek

Jy wil spekuleer oor ‘n morele moondheid
ek wil sterf voor die spektrum van moontlikhede

Jy wil praat oor mense wat god word
ek wil praat oor God wat Mens word en bloei

Jy is reg.
Ons verskil.
Hemelsbreed.

Steve Hofmeyr

 
Weskusplek
Helpende Hand Fonds
Photocommission.com - Pro Photographic Services