<<  February 2012  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
    5
  6  7  8  9
13141516171819
20212223242526
272829    
  • Haloda

    Haloda Steve se nuwe CD met Haloda, Kol Op Die Maan, 12 uur, Asemrowend, Vredenburg, Mei en meer.
  • 1001-Super Uitgawe

    Duisend En Een2010 sees Steve's 23rd CD. A re-release in 2011 with a new hit "Ons sal dit oorleef" and 3 music videos
  • Steve sings Diamond

    Beautiful Noise 2009 ReunionAll new show! - See Gig Guide for dates
  • Autobiography

    Mense van my asem South Africa's #1 bestseller for 6 weeks! (Non-Fiction) Autobiography
    Mense van my asem Mense Van My Asem in top 5 best selling SA nonfiction for 3 straight months!
  • Steve - Live!

    Steve - Live!Come catch Steve on tour: Concert's country-wide. Check "Toer Datums" for more info.
     
Special Feature

Steve on Facebook

Steve on Facebook

EMI SA

Logo EMI

Haloda

Music Samples

Bijan Hair Boutique

Bijan

Share

Recent News
Vlismas se k@k. anti-Vuvuzelas en Manna-tande. (hierdie inskrywing is PG) PDF Print E-mail
User Rating: / 32
PoorBest 
Monday, 14 June 2010 20:22

Ek was VIR vuvuzelas as geheime FIFA teenvoeter totdat ek deur 4000 van hulle in Sandton Mall getakel is. Toe weet ek. Hierdie ding is nie speletjies nie. Die beentjies in jou ore doen ‘n toi-toi elke keer as iemand agter jou daai horing blaas en alles gogga in sy keel vlieg reguit oppad na jou toe. Erger nog: in Orlandostadion met 40,000 mense sou ek graag die afkondiging wou hoor wat my waarsku dat ek moet hol vir uitgang F10 omdat daar vier Al Qaida bomme êrens onder my gat is. Wat vir Sepp Blatter die toernooi se simbool is, is vir ander ‘n probleem. Portugal se Ronaldo reken die getrompetter breek sy fokus: "It is difficult for anyone on the pitch to concentrate...”
Wat sê kenners oor klank intensiteit (gemeet in desibels of dB’s)?

  • ‘n 100 dB op 10 meter sal 94 dB wees op 20 meter en 88 dB wees op 40 metres.
  • ‘n Deur wat toeslaan is 80 dB en ‘n vliegtuig op 300 meter is so 100 dB.
  • Mens fluister op 20 dB.
  • Die pyndrumpel vir lawaai lê by 140 dB.

Ons vuvuzela kliek verby die 127 dB merk, wat meeste Engelse en Franse horings skaamteloos agterlaat. Dit terwyl Hear The World reken dat verlengde blootstelling aan slegs 80 dB ‘n gesondheidsrisiko dra. Probeer negentig minute! Geringe wetgewing bestaan, maar meesal in die werkplek, maar die manne by antivuvuzelafilter.com vat nie kanse nie. Hul aflaaibare mp.3 teenvoeter neutraliseer die vuvzela frekwensie waneer jy dit speel gedurende ‘n wedstryd oor televisie.
*

Hierdie kind regs bo het 'n naam gehad. Lizzie van Zyl is op minder rantsoene geplaas omdat haar ma geweier het om haar pa se naam aan die Britte te veraai. Soos 22 000 ander kinders, het sy dit nie gemaak nie.
John Vlismas is ‘n Suid Afrikaanse komediant. Ek moes al van sy grappies deursit en ek HET ‘n sin vir humor. Een van sy grappies is die Afrikaner se bloedoffer. Dis vir hom vreemd (hy noem dit “kak” in M&G) dat ons kan dink dat ons as Boerevolk vroue, kinders en mans aan die dood kon afstaan om ook hier te mag wees. Hy vergeet dat ons meer van die Boerevolk verloor het in twee jaar as die slagoffers van die hele ANC Struggle van 90 jaar. Dat ons vandag meer wit boeremense verloor in een jaar (vir 20 jaar al!) as al die Sharpvilles saam. Dis vir hom snaaks dat dit ons pla dat ons soos vlieë vrek.  Dis vir my ook snaaks om hom summier lewenslank af te skryf totdat hy ‘n openbare verskoning maak. Afrikaners wat sterf is ook vir die ANC regering ‘n taboe. Daarom kan hulle ‘n sokkerstadion na Peter “Kill The Boer” Mokaba vernoem. Ons het al 3000 plaasboere in gruwelmoorde verloor. Ek het van hulle geken.
Vlismas verdien ‘n bloedstadion waar alle ontkenners en Boerebashers kan saamdrom soos vlieë om kak grappies.
*
Jammer Bafana, maar daai Uruguese het julle gedonner op die sokkerveld te Loftus Versveld, ne.
Dat een mannetjie met 'n Aliceband soveel vuvuzela's kon stilmaak, is 'n wonderwerk. Diego Forlan (links) verdien in standbeeld in Montevideo.
Maar dis nog nie oor nie, is dit?
My ander spanne, Portugal en Nederland is nog in.
Hoe doen joune??

*
Gepraat van lawaai.

Soos in Australië en in Kanada is die wetsgehoorsaamheid in New Zealand soms net te veel. Maar as dit werk, werk dit. So kan jy nie te veel lawaai maak na 11 uur nie en moenie dink die noise-police weet nie hoe om jou te vang nie. Hulle sak op jou toe soos New York’s finest, maar pleks van pistole en heup vuur, pluk hulle desibel-verklikkers uit en waai die instrumente gevaarlik  in die lug rond. Die som totaal van een enkele vuvuzela sal jou die doodstraf op die hals haal. Na 11 pm.
Ek het geweet jy gaan vra: wat van kattemaai wat meer natuurlik kom en veel minder verhelp kan word. Soos kafoefel-kraai.
‘n Voorkoming patent sal van ‘n buitestander moet kom, soos ek, wat die politiese korrektheid daar bevraagteken en selfs effe snaaks vind. Skreeu-spreeu bekamping. Of wat jy hulle ook al noem. (Hierdie apparaatjie sal aanvanklik eers beskikbaar wees vir die “Oh my gawd” Engelse Christene, omdat ateïste niemand het om mee te praat gedurende orgasmes nie).
Dit het nagte se inspanning gekos voordat die Damaskus oomblik my oorval het. Soos manna in die woestyn. Die resultaat: Mufflers (vir die Engelse) of Mannatande (vir Afrikaanses). Hierdie knaldempers vir seks sal in die vorm van ‘n koubare mondstuk moet wees. ‘n Gumguard van klank absorberende rubber. Getoets deur die agterlyn van die All Blacks. Want as die senter Mils Muliaina hom nie middeldeur byt tydens die impak van ’n Wynand Olivier tackle nie, sal jy hom ook nie flenters kners anderkant fyndraai nie. Getoets op Wimbledon. Want as Justine Henin twee potte kon speel sonder een enkele gil, werk dit.
Gebruikers wat die apparaat as ‘n vaste bate verseker sal belasting vergoeding kan eis vir die toenemende slaap waarmee die noise-police hulself mee mag besig. Die laatnag stiltes is ook eco-vriendelik.
Mannatande is herwinbaar (recyclable) en kom met 'n fluoried binnelaag.
Kou, kners en skree soveel jy wil, niemand kan jou hoor nie.
Vir slaapknersers en enige ander kontaksport.
Slegs  $50.
*
Gepraat van grappies, hierdie ou links bedel hier op my hoek. Ek gee om 'n ietsie net vir sy humorsin (en sy kung fu klasse...).
*
Bookmark these four sites to keep in touch with Steve’s everyday doings&writings:

1.    Steve se "DIS HOE" dosis op Jakaranda
2.    Sy nuwe dinamiese Facebook kring
3.    Sy alomberugte webblad (waar jy nou is!)
4.    En Twitter (vir daaglikse oppad inskrywings)
5.    Of skryf vir lidmaatskap aan die KIT fênklub! Box 288, Cornwall Hill, 0178. Dis fun.

 

GELUKKIGE VADERSDAG. EK DINK PA'S MET BAIE KINDERS VERDIEN MEER AS EEN VADERSDAG!!!!!!!!!!!

 
Weskusplek
Helpende Hand Fonds
Photocommission.com - Pro Photographic Services