|
Ek en Affies by Emperors. Ons sing You're Not Alone.
 * Die lewe is 'n golfie. Lees hier hoe ek ons bestaan in netjiese note oplos. * Gelukkige Vrouedag, dames!
 Jammer girls, so maklik gaan ek julle nie laat wegkom nie. Kom ons praat gou nugter oor vroue: Ons weet Vrouedag is soos mediasensuur, iemand is al weer besig om weg te kom met IETS! En hier gee ons julle ‘n hele dag om dit te doen. A, nee, a. Ek (en Askmen.com) wil net gou met die manne gesels....
Hier, menere, is 'n paar gek dinge wat vroue op Facebook doen: 1. Women set up fake profiles to follow exes on Facebook 2. Women manipulate through Facebook photos 3. Women post passive-aggressive Facebook status updates 4. Women post ambiguous relationship photos 5. Posting a fake relationship status
En 'n paar redes om te glo sy is oppad uit (jou lewe uit!): 1. She has a case of “mentionitis” (Sy noem heeltyd heel onskuldig iemand anders sê naam: Ja, Deon se ook dis ‘n lekker fliek, ens.) 2. She’s giving you space -- a little too much space 3. She brings up reasons to fight 4. She’s more mysterious 5. She’s less affectionate
Maar okei, ons vergewe die girls enigiets vandag... *
Mag ek noem dat die paswet protesoptog van vroue 52 jaar gelede beslis nie die eerste vroueoptog was nie. In die tyd van Louis Botha reeds, amper 50 jaar voor dit, het dames 'n suksesvolle optog gereel, wat sekerlik gesien kan word as die eerste een. My grootjie was deel daarvan. Natuurlik was dit wit, so ons sal nooit weer daarvan lees in Suid Afrikaanse geskiedenis nie. Maar sekere mans sal dit nie vergeet nie. Dankie. Goed gedaan aan die matriarge tussen ons voorouers wat ook op die veldslae die sanna met buskruit gestop het het so 'n uiters belangrike deel van die Boere arsenaal kon uitmaak. Ek vier dit vandag! Maar ek dink ook aan vroue as die grootste slagoffers van geweldadige misdaad in Suid Afrika, veral in hul eie huise. Ek dink aan julle vandag. * Nee, ek dink nie aan Esmare Weideman vandag nie. Die magtigste boelies in die land sal nooit en deur niemand as slagoffers gesien word nie, ongeag hul geslag of velkleur. So vertraag is ons darem nie almal nie. * Objektiveer ons vroue as ons hulle uitbeeld in sexy bikini's soos hierbo. Nee, sê Ayn Rand, vroue in bikinis OBJEKTIVEER DIE MANS VIR WIE HULLE DIT DOEN. Vat so. * Nou voel ek beter. *
Groot vraag: Moet die media gereguleer word?
Antwoord: Wel, as slegs sekere mense gereguleer word wil ek weet hoekom. ALMAL moet gereguleer word!
Die regering moet verantwoording teenoor ons doen vir dieselfde rede dat ons forseer word om teenoor hulle belasting te betaal. Ons gewone landsburgers het ‘n waghond nodig oor die media (veral die korrupte morone wat ons regeer). Die media in Suid Afrika het hulle sover goed van hul taak gekwyt om nie te ver in die regering se gat op te kruip nie. Dankie tog. Maar dit is ‘n fout om die media te sien as onfeilbaar. Ek weet nie hoekom die media-sinode weier om dit te aanvaar nie. Effe oukerks, nie? Dit is dan hulle werk om die groot onfeilbares te onttroon? Maar onttroning tel nie vir hulle nie... McLuhan het voorspel dat die medium groot en magtig sal word. Vandag is die media die grootste institusie op die aardbol en die karwei van inligting ons grootste tyd verdryf. Daarom MOET die media, wat hom lankal nie meer op die underdog status kan beroep nie, ook verantwoordelik teenoor ons. Geen grondwet kan of mag jou boeliestatus verdedig nie. Jammer. Die ANC het egter nie ‘n saak nie. Die Suid Afrikaanse publiek het wel ‘n saak. Ons verdien die waarhede wat ons s’n is. Dit is ‘n duur waarheid. Ons betaal daarvoor. Agter dit lê die rede hoekom die meerderheid van ons volksgenote nooit uit hul nood verlig sal word nie, omdat ons gelde nie by die regte krisisse uitkom nie. Onbudsmanne is gekastreerde joernaliste sonder werk. Ek kan nie onthou waneer hierdie leuen van selfregulasie ooit gewerk het nie. Dit is soos om die pous te vra om ‘n ogie te hou oor die sondes van die Vatikaan. Haha. * Ek het geweet jy gaan ‘n voorbeeld vra. Man, ek het tonne. Hier’s ene Koos Kombuis. Sy opinies beslaan vir dekades reeds volumes in ons koerante en tydskrifte, waar ‘n demokratiese nosie deur lesers om nie ‘n enkele minuut op die redaksie sal verduur nie. Ons koerante is vrot van liberaal-selfaangestelde joernaliste wat die morele hoëgrond aan Suid Afrikaners gaan verkoop vir pielietjies&pastei. En ons het net soveel plaaslike koerante en tydskrifte. Kyk nou hoe val 100 M&G lesers vir 2 Koos Kombuis leuens, en kyk veral hoe trots is hy daarop hier (My antwoord is op 20 Julie gewees.) Wat 'n tragiese idioot met vrye teuels om ons voor te skryf. Hoekom sou ons so iemand 'n absolute vryheid gun om te misbruik? *
 Benjamin het Saterdag 7 Augustus verjaar. Sondag kuier die vier seuns by my. Armand sit op sy selfoon, Devon hou die laaities besig. Na ‘n manne-braai skiet ons Maropeng toe vir die kaskar rybaan. Ek sit en kyk hoe vlie die manne om en om, toe Benjamin deur die bande trek en teen ‘n hengse spoed in ‘n boom vas jaag. Sy neus slaan die stuurwiel en die bloed spat. Na baie trane en gepaai en sneesdoekies, spog hy met ‘n neus soos Gerrie Coetzee en lippe soos Angeline Jolie. Agter in die kar slaap hy van skok, sommer so met die ysblokkies op sy opgeswelde neus. Lyk nie gebreek nie, maar ons sal later moet seker maak. Hierdie foto's is geneem oomblikke voor die ongelukkie. * Ek weet dit is onCool om te spog oor Facebook vriende, maar ons het die 50 000 merk in etlike maande deurgebreek. Moenie dit onderskat nie. Hoe groter ons netwerke, hoe minder afhanklik is ons van die media. G’n wonder hulle raak desperaat met sensasie nie. Sensasie is WAARHEDE WAT NIE JOUNE IS OM TE SMOUS NIE. “Smous” is die operatiewe woord hier: omdat hierdie media wat vir super-vrywaring wil veg, algar finansiele institusies met ‘n ernstige winsmotief is. Huisgenoot, die grootste sondebok. Jammer Joost, maar ons weet mos teen hierdie tyd. Stel die vrede in jou siel uit. Vir so twee jaar. * Duisend&Een toer het lekker afgeskop. Oz, NZ, Emperors, Windhoek en Kaapstad. Die Boer het gekook en die sjarme van Dolla se plekkie is aansteeklik. Ek het ‘n draai gemaak in Jacobsbaai en sommer weer (vir die 6de keer) verlief geraak. Dis tyd om ‘n huisie daar aan te skaf. Daai vrede en vars vis MOET goed wees vir jou siel. *
 In Kaapstad het ek, Michelle McClean en Bryan Habana ons handafdrukke op 'n doek gelos in n vlag wat bekendes vir Madiba bou. Hier is Bryan besig met syne. Die bloues is my hande. Ons staan met baie media binne in 'n stadsaal wat ouer is as my stamboom! Hierdie is ook die kamer waar die ou koningin van Engeland haar 21ste gevier het. * Ek lees steeds Ayn Rand se Atlas Shrugged (okei, dis 1200 bladsye!) en staan verstom oor die relevansie tot ons Suid Afrikaanse dilemma. Maar my inboks stapel al hoog op. Die boeke toring langs my bed uit en ek sal moet inspring. Hier wag ook twee nuwe boeke van Dries Brunt. Lyk my daar's baie inspirasie in Pta. *
Duidelik kyk die hele planeet IDOLS. Ek word selfs al voorgestel as Steve Hofmeyr, the IDOLS judge, asof ek eintlik niks anders doen nie. Een verskyning as gasbeoordelaar en letterlik honderde tieners van alle geslagte en nasionaliteite wil gesels oor die onverklaarbare self-vernedering van deelnemers. Swart kinders staan tou vir foto’s en Sandton kugels wil kom praat oor “that wig you were wearing, that was sooo disgusting, doll...“. Ja, ja. Ek het dit geniet, maar meer as een seisoen, en ek begin dalk klink soos Randall wat lank reeds sukkel om sy oneindige verveling te verbloem met vals komplimente. Ek dink dit was onregverdig dat Georgie uitgeval het en ek gaan haar kontak om iets saam my te doen. ‘n Duet genaamd Mara Mampara. Sal werk. *
Ek is sopas klaar met ‘n stuk genaamd FORTY THINGS JULIUS MALEMA SHOULD ADMIT. Dit gaan seer wees. Dit begin so:
1. It is time for Julius Malema to admit that Struggle math doesn’t tally because South Africa benefitted from Apartheid the way Africa benefitted from colonialism. Denialism here is blatant hypocrisy. 2. It is time for Julius Malema to admit the gravest acts of genocide were not committed during Apartheid or Colonialism, but during pre and post colonial Africa (read today). 3. It is time for Julius Malema to admit that, unlike American Indian and Australian Aboriginal genocide, first nation population here escalated under British/Afrikaner rule from 10-30 million in a few decades. Verwoerd was building schools round about the time Aussies could obtain licenses to hunt fellow Australians! 4. It is time for Julius Malema to admit that the only real genocide in South Africa was the Koi annihilation by his ancestors and what Shaka and Dingaan did to their own people. 5. It is time for Julius Malema to admit that we lost more lives in the first four years of ANC rule than during the entire four decades of Nationalists rule. That stat should be staggering by now.
6. It is time for Julius Malema to admit that more peace loving Afrikaner farmers are annually slaughtered than South Africans who died during the Sharpeville violence. 7. It is time for Julius Malema to admit that more Boer children died in the Anglo Boer War than South Africans in the entire century of Struggle victims...
Hou hierdie spasie dop vir die ander 33. Ek gaan nie ophou nie. Reguleer my. Maar ek haat die feit dat my belasting geld kitsmijoeners soos Julius Malema oplewer. Bid jou dit aan. Ubhuntu my gwar. *
Ag, ek is gesond en dit gaan goed. Ek lewe teen een agste van die pas wat ek gewoond was. Dit gee my perspektief en oordeel. Sune help dra aan ‘n las wat sy vinnig leer ken as iets totaal ongewoon, maar vele hande maak dit maklik. Eh, nie wat jy dink nie. Sy sien eerstehands alles waaroor ek kla en soms verstom staan. Dit is so lekker om bevestiging te kry van ‘n buitestander dat so min hier rond normaal is. Net toe ek dog ek raak paranoïes. Haar volwassenheid om kwessies wat my laat struikel, is verbasend. Die vroue publiek is soms so aaklig met haar, maar sy staan sterk agter my en weier om of slagoffer of dood te speel. Taai meisies, die Meyers. * As jy nie weet hoe ek voel oor sjokolade nie, lees hier. * Lekker week almal. Toemaar, die ergste koue voel verby.
Ekke *
Bookmark these four sites to keep in touch with Steve’s everyday doings&writings:
1. Steve se "DIS HOE" dosis op Jakaranda 2. Sy nuwe dinamiese Facebook kring 3. Sy alomberugte webblad (waar jy nou is!) 4. En Twitter (vir daaglikse oppad inskrywings) 5. Of skryf vir lidmaatskap aan die KIT fênklub! Box 288, Cornwall Hill, 0178 en braai saam my teen die einde van die jaar.
|