|
Gavin Prins het toe uiteindelik 'n foto van my seuns opgespoor. En, magtig, die man laat nie gaan nie...
 * Vandag verag ek die Huisgenoot/Rapport/Sondag en SA media meer as ooit. Hulle soek mediaregte om gay mense te hang. Soos in Iran.
Om ‘n jong man se wonderlike loopbaan te kniehalter en hom onder soveel persoonlike en pynlike druk te plaas vir iets so gering soos ‘n seksuele voorkeur, en die keuse om dit privaat te hou, sal in die toekoms gesien word as as die Media Inkwissie van die 21ste eeu. Dit in ‘n tyd waar die Suid Afrikaanse media ons vra om teen die ANC tribunaal te protesteer. Hierdie week is dit nuus in Rapport dat ek verbind word aan ‘n pornovideo en twee weke terug was my foto in die Sondag in ‘n artikel oor "seksuele teistering in ide werkplek". Is dit vir hierdie joernaliste waarvoor ek moet opstaan, Andre P. Brink? As dit is wat julle bedoel met Vryheid van Uitdrukking wil ek beslis NIKS daarmee te doen hê nie. Absolute vryheid vir slegs een faksie is die bakermat van facisme en hierdie tirannie is ‘n mag wat ons hulle gun? Dit stop hier. Die regering se besluite mag nooit bo verdenking of buite die soeklig geplaas word nie, maar vir die res van ons slagoffers - haal gerus my naam van julle lys af. Dit sal my altyd verbaas dat soveel hetereoseksueles so bang kan wees vir so min moffies. Laat weet my in elk geval as julle die Almagtige kan opspoor wat geskok kan word deur sy eie skepping. Op Woensdag 19 Julie word ons elke jaar herinner aan die terregstellings in Iran van Mahmoud Asgari (15) en Ayaz Marhoni (16) vir hul misdaad - 'n verhouding (bo). Rudi, moet nie dat hierdie fokkers jou onderkry nie. * Teen 2005 het die BBC se 100 Greatest Britons die idee van dergelike meningspeilings wêreldwyd laat posvat.
 Hul eie 2002 kompetisie het name soos Churchill en Lady Diane in hul top 3 gehad. Darwin (4), Shakespeare (5) en Newton (6) was daar en die Koningin (7) kon John Lennon (8) met net een plek baasraak. Soos ‘n veldbrand het die idee versprei en meer as 20 lande het dadelik opinies ingesamel oor wie hulle op daardie stadium as hul belangrikste burgers geag het. Bykans geen land se resultate is in vrede ontvang nie. Natuurlik word so ‘n lys relatief na gelang van sekere geldige vrae:
1. Is die persoon in die land van die peiling gebore? (Verwoerd was Hollands) 2. Is dit belangrik? (Hy was ‘n Suid Afrikaanse Eerste Minister) 3. Watter kanaal of stasie behartig die inskrywings (jy kan seker wees dat lyste van Metro FM en RSG byvoorbeeld, hemelsbreed sal verskil) 4. Hoe bereik mens almal in ontwikkelende lande? (goeie vraag) 5. Wat as Hitler die top 10 sou maak in Duitsland? (Die Duitsers het hierdie slaggat vermy deur by voorbaat alle Nazi’s te diskwalifiseer) 6. Sou bogenoemde gemanipuleerde uitslae dan demokraties wees? (Nee)
In September 2004 het Suid-Afrika dieselfde oefening op SABC 3 probeer. Duisende Suid-Afrikaners kon deur ’n verskeidenheid media, stem vir hul gunstelinge. Die aanbieders was Denis Beckett en Noeleen Maholwana Sangqu. Die uitslag het ‘n manies opwagting veroorsaak maar is uiteindelik ongunstig deur die media ervaar. Veral in lande waar demokratiese stemme nie lekker sit nie of waar puriteine voel die breindood massa sal moet voorgeskryf word. Dit was die geval in amper elke land wat hieraan deelgeneem het.
 Behalwe Alexander Graham Bell, het Kanada meer onlangse ikone vereer, met slegs 5 Kanadees gebore wenners. Hulle het dadelik speels die top tien minste-gewilde-peiling geloods (hier het Celine Dion goed gevaar!).
Lande met ryk geskiedenis, soos Italië en Griekeland, het natuurlik groter probleme gehad. Om die uitvinder van die ‘Papsmeer’ (George Papanicolaou 1883-1962) derde naas Alexander die Grote en Aeschylus te plaas, moes Sokrates, Aristoteles en Plato plek maak vir hom. Die Zorba skrywer Nicos Kazantzakis het Maria Callas (23) sommer vêr uitgestof wat op haar beurt met Archimedes (24) afgereken het. Die debatte was aan en gou moes die Grieke hul wenners in kategorieë opdeel, soos denkers, genres en ouderdomme, ens.
In die De Grootste Belg in België was daar slegs twee figure uit die laaste eeu in hul top tien. Jacques Brel (7) was een. Kim Clijsters (14) was hul wunderkind en verreweg die jongste op hul lys. Hul eie Gandhi, Vader Damien, het die nommer een plek beklee vir sy sending werk onder melaatses. Filantropie is 'n groie kwalifikasie, maar nie in alle lande ewe belangrik nie.
 Die Franse purteine was aan mekaar toe historiese reuse soos Joan of Arc en Napoleon hul top tien nie kon haal nie. Charles de Gaulle (1) en Louis Pasteur (2) het die Franse lys gelei. Die alombekende TV Oseanograaf, Jacques Cousteau, was slegs twee plekke naas die dramaturg Moliere (8). Die eksistensialis Jean-Paul Sartre kon die akteur Gérard Depardieu (99) met slegs drie plekke uitstof.
Behalwe vir Elvis (8) en Oprah (9), word die Amerikaanse Greatest American top tien beset deur politici. Reagan was toe nog los voor, met Clinton (7) en Bush (6) kort op sy hakke. Ek vind hierdie lys die interessantse. Billy Graham was 11 de, Walt Disney 13 de en Muhammed Ali 21ste. Die Yanks moes veral bontstaan oor hul top 100 statistieke: 85 mans, 15 vroue, 84 wittes en 16 die res. Slegs 42 van hul genomineerdes het nog gelewe.
 Die Grootste Nederlander was in 2004 gehou, en die sluipmoord slagoffer (konserwatiewe, gay aktivis en anti-Moslem politikus) Pim Fortuyn, was loshande bo aan. Die uitslag was so omstrede soos sy lewe en die Hollanders was aan die brand. Hy het korte mete gemaak van die Prins van Oranje (2), Rembrandt (9), van Gogh (10) en Anne Frank (8). Nederland se Fanus Rautenbach, Toon Hermans, kon slegs die 22 ste posisie haal.
 Kansellier Adenauer was die sensitiewe Duitsers se politieskorrekte keuse, gevolg deur ‘n skitterende nominasies soos Luther (2), Marx (3), Bach (6), Goethe (7), Johannes Gutenberg (8), Einstein, (10). Ludwig van Beethoven (12) was ook daar.
Bono was Ierland se nommer een burger en, nee, Jesus was nie op die top 100 Israeliese lys (wat oorwegend deur politici beslaan word) nie. Toemaar, nie Abraham, Moses of David was op hul lyste nie. Hul ministers Ben Gurion en Rabin was die top twee Israeliete.
  Tuis was dit chaos. Gepas het Mandela die Suid Afrikaners se top 10 uit gelei. Gevolg deur hartchirurg Chris Barnard (2) en FW de Klerk (3). Daarna Gandhi, die vigslyertjie, Nkosi Johnson (5) en toe Winnie (Mandela). Die laaste vier op die top tien was Mbeki, golf legende, Gary Player, Jan Smuts en Desmond Tutu. Hiermee kon meeste saamleef, maar toe Verwoerd vir Hani, Suzman, Tambo, Sisulu en Luthuli uitstof, was daar perde. Ek self (32) was nie vergewe toe ek tussen Tambo en Sisulu kom kop uitsteek nie. Dis nodig om te noem dat Hansie Cronje toe nog die 11de posisie kon hou en Eugene Terre’Blanche nommer 25. Shaka Zulu was veertiende. Dit is natuurlik debatteerbaar of Verwoerd meer Suid Afrikaners vermoor het as Shaka, maar in Duitsland sou nie een hulle moontlik die lys geruik het nie. Vergelyk ET met Mandela, as jy wil. Eina. Begin jou debat sommer hier. Wie het die meeste Suid Afrikaners verloor? Die koningin of Shaka Zulu? Of die ANC? Wie weet?
Meeste lande het die hele toernooi as bloot vermaak gesien. Ander het hulle top vyftig summier alfabeties aangebied, om polemiek te vermy. Onnodig om te sê, dat ons vandag beter weet. ’n Reënboognasie vereis niks minder as ’n reënboog peiling nie. Hierdie is nie ’n kompetisie vir lande met ’n ligte demokratiese gestel nie. Suid-Afrika sal dit moontlik nie binnekort weer waag nie.
En indien dit wel geskied sou mens wonder of ons president, Jacob Zuma, wat die 2005 peiling geheel en al gemis het, darem Mev. Ples sou kon uitstof. Ons oudste nominasie uit Sterkfontein se grotte was daardie jaar darem 95ste.
Hierdie week se MOST HATED South Africans sal seker wissel tussen Julius Malema, arme Div, armer Habana, Zuma, Bees Roux, die ET verdagtes, hospitaal stakers, Randall Abrahams, Pakistaniese kolwers, Loui Fish se slaggat, die ANC Tribunaal en Lukas van 7de laan se kapers (die bliksems). My eie lysie lyk effe anders.
*
Ek het die Gariepfees terdee geniet. My konsert was in die Workshop, beter bekend as die Bikers Church. Hoe cool. Dankie vir my Bikers Bybeltjie. Sal later daaroor skryf. * Lees ook my Jacaranda blog. Ek dink gays hoef slegs te bieg oor hul seksualiteit as en waneer hulle wil. Hierdie besluit KAN NIE in die hande van die pers gelos word nie. Ek bid vir 'n Spaanse Inkwissie in jou hart en lewe, meneer god-die-media. Fokken skaam julle. *
Ek het my sesde boek begin skryf...hoekom doen ek dit aan myself? Om dit te voltooi moet ek een moerse studie afsteek in barok musiek, relatiwiteit, genetika, die Boereoorlog (ek lees Preller se Piet retief, 1912) en, wel, die toekoms. Hoe studeer mens die toekoms? *
O ja, DIS HOEKOM ek dit doen. Ek kry hierdie beautiful briefie uit Korea (die X'e is myne): Beste Steve Ek wil nie se geagte Steve nie, bloot oor dit net te formeel klink. Ek dink jy is 'n gemaklike mens, en dis hoekom ek jou beste Steve aanspreek. Nie dat ek jou enigsins ken nie. Ekskuus, kom ons begin by die begin. Ek is X, wat tans in [Korea] skool hou. Ek het op X in die Karoo groot geword en was in Sub B toe jy die eerste keer daar kom sing het. Ek is 'n baie groot aanhanger van jou musiek, lirieke veral, aangesien dit nie die oppervlakkige goed is waarmee party mense vorendag kom nie, maar omdat dit woorde is vir die siel. Verlede Vrydag was dit my 23ste verjaarsdag. Mens dink dis baie vreemd om in 'n vreemde land te verjaar, maar dit was die lekkerste dag ooit. Al wat ek wou he was jou boek, Vier briewe vir Jan Ellis Gister uit die bloute het die pakkie hier opgedaag van my ouers af. En binne in was die klein blou boekie. Ek wou elke dag net een hoofstuk lees, maar toe ek begin lees daaraan, kon ek dit eenvoudig nie los nie. Oh ek het bitterlik heimwee gekry toe ek dit lees, want dis met soveel deernis en teerheid geskryf. Ek sit in Korea, myle van Suid-Afrika af, en het gevoel asof ek self die skoot hoor klap het toe Mnr Wolfaard geskiet is. Dis so fantasties om Jan se emosies te ervaar. En dit was werklik vir my so groot voorreg om dit te kon ervaar. Die mooiste deel was "Daar's oumens trane. Hulle hang daar. Hulle drup nie." En "vergifnis sonder gif is mos maar vernis." Dis baie hartseer om te dink dat mense sulke pyn ervaar, dat daar soveel seerkry, onregverdigheid en hartseer is. Maar die boek raak mens se hart aan. Vandag het ek heeltyd gedink aan Jan Ellis. 'n Karakter uit 'n boek wat my heeldag by bly. Maar dankie dat ek 'n stukkie van die huis, van ons Land kan he, terwyl ek in die vreemde is. Dis die mees omskrywende boek wat ek nog gelees het, wat die beste geskryf is. Dis hoekom ek jou beste Steve noem. Dankie dat jy skryf Steve. Dankie dat jy se wat die res van ons nie kan nie. Dankie dat jy eerlik en opreg is, jou lewe, jou liedjies, jou gedigte en jou stories Dankie dat daar teer emosie is in alles wat jy se. Dankie dat jy nie bang is om te se wat jy dink, of wat jy voel nie. Ek haat die huisgenoot vir wat hulle aan jou gedoen het om sensasie te veroorsaak. Daar is mense wat nie glo wat in die huisgenoot staan nie. Ek hoop daar is nog baie idees in jou kop vir stories oor die lewe. Baie dankie vir jou musiek. Luister musiek, musiek wat sin maak, seer maak, lief maak. Hoop elke dag is vol nuwe stories en liedjies. Ek waardeer dit wat jy doen vir ons samelewing. Baie liefde uit Korea X * Lekker om te sien my Facebook is in die top tien Facebooks in SA. En steeds groeiend. Dankie aan almal wat daar kuier en ons lewend hou. Vertel vir almal. Ek het klaar 'n moerske paartie belowe as ons die 100 000 lede oorsteek. Op my! * A gentleman asked a waiter to take a bottle of Merlot to an attractive woman he spotted dining alone. The waiter took the Merlot to the woman and said, "This is from the gentleman seated over there," indicating the sender. She regarded the wine coolly for a second, not looking at the man, and decided to send a reply note to the man. The waiter, who was lingering for a response, took the note from her and conveyed it to the gentleman. The note read: "For me to accept this bottle, you need to have a Mercedes in your garage,a million dollars in the bank, and 7 inches in your pants." After reading the note, the man decided to compose one of his own in return. He folded the note, handed it to the waiter and instructed him to return this to the woman. It read: "For your information, I have a Ferrari Maranello, a BMW Z8, a Mercedes CL600 and a Porsche Turbo in my garage. There is over twenty million dollars in my bank account... But, not even for a woman as beautiful as you, would I cut three inches off. Just send the bottle back." * Bookmark these four sites to keep in touch with Steve’s everyday doings&writings: 1. Steve se "DIS HOE" dosis op Jakaranda 2. Sy nuwe dinamiese Facebook kring 3. Sy alomberugte webblad (waar jy nou is!) 4. En Twitter (vir daaglikse oppad inskrywings) 5. Of skryf vir lidmaatskap aan die KIT fênklub! Box 288, Cornwall Hill, 0178 en braai saam my teen die einde van die jaar.
|