<<  October 2010  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031
  • Haloda

    Haloda Steve se nuwe CD met Haloda, Kol Op Die Maan, 12 uur, Asemrowend, Vredenburg, Mei en meer.
  • 1001-Super Uitgawe

    Duisend En Een2010 sees Steve's 23rd CD. A re-release in 2011 with a new hit "Ons sal dit oorleef" and 3 music videos
  • Steve sings Diamond

    Beautiful Noise 2009 ReunionAll new show! - See Gig Guide for dates
  • Autobiography

    Mense van my asem South Africa's #1 bestseller for 6 weeks! (Non-Fiction) Autobiography
    Mense van my asem Mense Van My Asem in top 5 best selling SA nonfiction for 3 straight months!
  • Steve - Live!

    Steve - Live!Come catch Steve on tour: Concert's country-wide. Check "Toer Datums" for more info.
     
Special Feature

Steve on Facebook

Steve on Facebook

EMI SA

Logo EMI

Haloda

Music Samples

Bijan Hair Boutique

Bijan

Share

Recent News
My faves van 2010. Annelie Botes se reg. Esmaré Huisgenoot. Audi R8. Deon Meyer se Spoor. Tata almal PDF Print E-mail
User Rating: / 106
PoorBest 
Monday, 29 November 2010 21:58

Dis jaar is weg.
Dis Kersfees.
Ek's onkant betrap, en jy?
zzzzzzzzzzzzzzzzzzz...
As ek wakkerskrik is 2011 op my stoep.
Ek haat dit om onvoorbereid hallo en koebaai te sê.

*
NUUS SOPAS GEBREEK!:

Jurie Els se appél teen Esmaré Weideman/Media 24 het geslaag. In stukke wat ook die joernalis, Marie Opperman (eintlik Yvonne Beyers), se leuens ontbloot as “most distastefully”, het appèlregter RW Nugent Weideman gister (30 November) skuldig bevind aan minagting van die hof. Sy sal ook ’n kostebevel met haar uitgewer Media 24 deel. Appèlregter Nugent verskil met die hooggeregshofbeslissing dat jurisdiksie uitsluitlik provinsiaal kan wees of  dat die Wes-Kaapse Hooggeregshof geen magtiging het om minagting te straf nie. Dit is vir regter Nugent duidelik dat publikasie van die Robbie Klay artikel verbied was onder alle omstandighede. Weideman, Huisgenoot redaktrise in 2008, het nie geskroom om aanvanklik  Els te suggereer en in daaropvolgende artikels, op die naam te noem nie.
Volgens Jurie Els sal Weideman en Media 24 “seker eers volgende jaar in die Kaapse Hoërhof verskyn vir strafoplegging”. Uit Nieu Zeeland laat weet hy dat “EW nie die lekkerste Kersfees [sal] hê hierdie jaar nie.”
*
Vir die twee jaar wat sy en haar "distasteful" spannetjie my geskets het as siek, perverse, narsis (en hulself as onfeilbare, selfs onskuldige godinnetjies), kry die publiek uiteindelik 'n kykie in die tirannie van grenslose mediaregte en hoe hulle smile-smile ander se lewens opf*k. Vat so, poppie. En jammer oor die tee...
*
Dankie, vir al die drollie-advies vir my nuwe Maltesie. Maar sy los ’n sigaartjie enige plek en enige tyd. Hopelik sal die sagte streel van grashalms oor die agterent haar later prikkel om buite te tjorts.
Nou ja, dames en here... CHLOE! Die lied van ons lewens (onder regs).

Niemand sal my glo as ek sê jy kan vir ure staan en kyk hoe hierdie Maltese poedeltjie die bokke en skape en besighou (bo links). Speel verskillende spesies dan werklik so lekker saam? Ons het gelag en verbaas toegekyk hoe die klein takbokkie (Andeline) vir die eerste keer haar ma se skadu verlaat om saam ’n vreeslik opgewonde brakkie om en om deur die tuin te hol.
*
Esmaré Weideman se dag het aangebreek, en ek gaan julle op hoogte hou, want Media 24 sal nie. Uit sekere anonieme reaksies op Facebook is dit duidelik dat almal nie ewe geneë is oor my en Jurie Els se interessant korrespondensie nie. Ons voel julle sal die res van Esmaré se verhaal ook baie boeiend vind. Hou my dop.
*
Windie, ne. Audi het hul kroonprinses, die Audi R8, vir ’n week by my gelos om te “testdrive” met die waarskuwing: you’ll pay the deposit by Tuesday! En mintag, as daar nou twee miljoen hier rondgelê het, het ek seker die plat, tritonic vuurwa gekoloniseer. Dit is die kragtigste vervoer waaragter ek nog ingeskuif het. En ja, die deposito alleen sal my bankrot maak, want die volprys van die Audi R8 kan die meeste ontwikkelde lande in Afrika uit die verknorsing help. Jy kan hierdie ene nie kry vir onder twee miljoen rand nie en mens sou vra: is dit nie onbybels om enigsins enige motor te besit wat meer as R300 000 werd is nie.
*
Annelie Botes word afgedank omdat sy durf sê sy hou nie van swartes nie. Ek hou nogal van swart mense, maar ek sal Annelie Botes se reg om nie van hulle te hou nie verdedig tot die dood toe. Geen grondwet kan jou dwing om van mense te hou nie. Ek kom byvoorbeeld beter oor die weg met Hollanders as Japanese en ek en Amerikaners kliek gouer as ek en die Britte. Who you gonna call? The Lib-Busters. Haha. Hande op: wie is gatvol vir die suutjiespoep-fasade?
*
Daar was ’n gerug, na aanleiding van Sarie se artikel oor haar, dat ek die kinders by Natasha ”weghou”  oor Kersfees. Maar Natasha het die laaste sê oor die seuns en niks word gedoen voordat ons nie saam daaroor besluit het nie. Nie dat dit enigiemand se besigheid is nie, maar sy kan hulle enige dag kom haal. Ons reëling is gemaklik. Ek begin verstaan hoekom die Huisgenoot verkoop. Dis dan jou paspoort na ander se privaat kamers. As hulle Natasha ken sal hulle weet dat sy as hartgoeroe die woord LIEFDE rondgooi soos ek die woord Bloubul gebruik. Sy is lief vir almal. Dis vir haar 'n geestelike konsep. Natasha se nuwe boek oor vergifnis is nog meer interessant. Ek hoop sy skryf oor hoe maklik dit is om te vergewe as jy miljoene kry daarvoor. Ek sal Julius Malema vergewe vir een kwart van wat Natasha uit hierdie egskeiding maak. Laastens, hierdie egskeiding is en was Natasha se keuse en Sune is vandag in ons lewens omdat ek dit so wil hê. Sy en Natasha kom beter oor die weg as ek, sy's lief vir die seuns en die glamour van die bedryf pla haar glad nie. By wie moet ek nog toestemming vra om lief te wees vir haar.
*
Sondag 28 November was braaidag saam so paar honderd bewonderaars en ou vrinne. Dit gebeur jaarliks hierdie tyd van die maand, maar slegs klublede word genooi. As jy volgende jaar wil aansluit en kuier, skryf vir Rene by die KIT fênklub! Box 288, Cornwall Hill, 0178. Die tema was blou, en ons het lekker gelag.

*
Die rolprent Liefling wys landswyd. Kyk dit beslis. Kritiek vir die kunste is tweeledig. Tegnies en Doel. Dis laasgenoemde wat resensente nie verstaan nie (en eersgenoemde wat hulle nie ken nie). Hoe hulle die fliek geniet, pla my min. Die essensiële vraag bly: het die regisseur daarin geslaag om SY doel (of mark) te bereik? Sal daardie mark dit geniet? Ek kan byvoorbeeld nie sien hoe Mail&Guardian of NY Times hierdie fliek ’n goeie resensie kan gee nie. Want dis nie vir hulle gemaak nie. Maar iemand kyk dit want dit breek loketrekords. Ek is bly. Die Afrikaanse fliek mark en sy voormalige sukses ontduik ons al te lank. Bring terug die Goue Jare.
*
My uitblinker kosplekke vir 2010:
Beste Griekse restaurant – Ou George se The Greek, Jeffrey’s Bay.
Beste garnaal gereg – Noisy Oyster, Paternoster.
Beste Thai – steeds Wang Thai, Sandton.
Beste inheemse buffet – steeds Leghotla, Sandton

 

My gunsteling tydskrifte vir 2010:
GQ, Stuff en Men’s Health. Verreweg.

My tegniese fieterjasie vir 2010:
Ah! My nuwe Samsung Galaxy (veral as jy nie ’n iPhone4 kan opspoor nie. Hier’s ’n fris alternatief vir smartfoon gadgets!)
My Ion iPod/Platespeler (ver links). Bring uit daai ou vinyls!
My Kindle, maar ek lees nou daai boeke op my selfoon ook.

 

 

My gunsteling smartfoon tydmors app.:
Air Control Lite (foto links)
Useless Facts.
Carkeeper (as jy nie jou kar in die parkeerplek kan opspoor nie)
Daily Bible.
Daily Urban Dictionary.

 

My geografiese ontdekking:
Slanghoek duskant Worcester (en hulle wyn).
Daai kuier eiland op Pongola.

Beste SPA:
Sante (Paarl).

My lied van die jaar:
Die Antwoord se Ninja. Daar's iets cool aan.

Swakste CD van die jaar:
Die Antwoord. Die res van die CD is tos.

Skokke van die jaar:
Curriebeker nederlaag.
Dat Armand kan sing!
Hoe min renosters ons oor het.
ET se dood.

Boek van die Jaar:
Atlas Shrugged – Ayn Rand

Wyn van die jaar:
Fairview se Chardonnay.

Ontmoeting van die Jaar:
Die skrywer RW Johnson.
Chloe, ons maltesie.

Kar van die Jaar:
Dit sal die Audi R8 moet wees.
Rats, vinnig, sexy. Vir my trek sy net te veel aandag vir daai anonieme pajama-rit kafee toe. Spasie en prys is die ander twee probleme. En kom ons wees eerlik – as motors ontwerp word vir die Duitse autobahn, gaan hulle les opsê op ons nasionale roetes.


Daarom, dankie aan my borge vir my Kia wat sommer oral ry en nie skrik vir 'n slaggat nie.

Biografie van die jaar:
Christopher Hitchens se Hitch22.
Gustav Preller se Piet Retief.

My flieks van die jaar:
Repomen ('n bloedbad).
Inception.
The Book Of Eli.
Ironman2.
Toy Story 3.

My eie collaborations vanjaar was saam met:
Supersterre se Burger op sy eerste CD,
Bobby Angel se gospel CD (ons sing Sailing!)
en Agter Elke Man saam met Wasserfal. Al drie CD’s is beskikbaar vir Kersfees.

My musiek van die jaar:
The Script.
Brandon Flowers (eks-Killers).
Thieve ft Die Heuwels Fantasties (hier)

Komedie van die jaar:
Die ANC Jeugliga, natuurlik. 'n Moet sien. Bring jou eie sneesdoekies vir die trane. Afslag vir wit kinders...

My partytjies van die jaar:
Idols 2010
Die Super14 Finaal.
Die Voortrekkermonument se jaarlikse Afrikaansefees (bo).

 

Sot van die jaar:
Esmare Weideman kan dit nie weer wen nie.
Prins en Barnard, julle moet nou nie baklei oor hierdie ene nie. Dis 'n wisseltrofee.
Een week by die skynheilige Gavin en een week by die nimlike Yolanda.
Die tos en die ot.
Moenie maak of julle dit nie verwag het nie.
Geluk van ons almal.
Julle is 'n aanwins vir Rapport en Sondag.
*
Soos sy teensinnige protagoniste (Lemmer, Griesel, Joubert) maar is,  is Deon Meyer die koning van waarneming en vertraagde belonings. So stap julle saam-saam sy boeke enduit. Anders as die res van die wêreld wat freneties uit die “eenvormigheid van die  massa” wil ontsnap, wil sy helde verdwyn en laaglê. Dit gebeur natuurlik nooit.
Ek is vroeg by die Deon Meyer milieu in gespeen, met Feniks, Wie met vuur speel en Orion. Dit was ook my hoogtepunte. My laagtepunt was 13de uur, waar karakters deurnag in Tamboerskloof rondhol. Moenie my woord vat nie, want dit het reeds die ATKV se prys vir spanningslektuur asook filmregte ingeoes. Maar Spoor is iets anders. In my opinie, vintage Meyer met ‘n waarskuwing dat hy die fiksionaris is wat Afrikaans as vlag op die wêreldverhoog gaan maak staan vir die volgende paar dekades. Hulle hol reeds internasionaal rond om sy werke te vertaal in bykans 22 tale.
Deon was ook ’n gas van my op Dis Hoe Dit Is. Hy is weetgierig, sjarmant en nederig. Maar ek geniet die ou Paarliet omdat hy sy leser nie onderskat nie. Syne is die teater van die ooglopende, die subtiele en die treiterende towerband tussen daardie twee observasies. Spoor is taamlik kompleks (moenie al die karakters probeer memoriseer nie!), maar probeer sy nuwe boek nou neersit voordat jy bladsy 540 onder oë kry. Willie, kannie, sallie. Tussen deur span hy sy strikke (vir jou die leser) en laat val hy sy juweeltjies:
Want stories is die Karoo se sosiale valuta.
Dis wanneer ek sien haar skoonheid is van naderby beskou relatief, die geheelbeeld indrukwekkender as die onderdele.
Want sy is mooi, ondanks die klein leemtes. Of dalk juis danksy die negeerbare gebreke. “
Daar is natuurlik kritiek. Wat my pla is dat almal Afrikaans praat behalwe die Engelse. Die ryk swartes is veral Afrikaans vlot in ’n tyd toe ek die teenoorgestelde ervaar in Sandton. Die einde was ook teleurstellend omdat SPOOR begin voel het soos ’n lukraak sameflansing van uiteenlopende stories wat al lank wag om voltooi te word. So word min stories, waarmee aanvanklik afgeskop is, afgebind. Maar steeds een van my gunsteling lese vir 2010. Geluk, Deon.
*
Julle weet ons gaan 100 000 lede hierdie jaar op Facebook oorsteek. Dan gaan ons moet paartie hou. Laat die gedagtes gaan...
*
Hoe ek met my Kersfees begroting omgaan, kan jy hier lees. Maar daarnaas gaan ek, Sune en die seuns en verskeie vrinne by die see afpak. Dit gaan ’n kort vakansie wees, voordat ons terugkom vir die troues van Bobby en Kurt en die eerste tonele van Deon Opperman/Sean Else se Plattelanders. 2011 sien ook my sesde boek.
*
Ek wens jou en jou familie ’n heerlike feestyd. Dankie, vir ’n fantastiese jaar. Al my liefde en goeie wense.
Steve

*
Bookmark these four sites to keep in touch with Steve’s everyday doings&writings: 
1.    Steve se "DIS HOE" dosis op Jakaranda
2.    Sy nuwe dinamiese Facebook kring
3.    Sy alomberugte webblad (waar jy nou is!)
4.    En Twitter (vir daaglikse oppad inskrywings)
5.    Of skryf vir lidmaatskap aan die KIT fênklub! Box 288, Cornwall Hill, 0178 en braai saam my teen die einde van die jaar.

 
Weskusplek
Helpende Hand Fonds
Photocommission.com - Pro Photographic Services