Aan al my FB & blogger maaitjiesEk wens jou gesondheid toe.Die vars lug van Afrika verdien niks minder nie.Mag die vrede in jou hartJou hartkamers laat bonsEk wens jou die wysheid om te prioritiseeróm die dinge wat werklik telMag die afwesigheid van korrupsieArmoede in 2011 oplos. Mag die afwesigheid van kollektiewe verlammingDienste na ons strate bring.Ek wens jou ‘n derde oog wat die prag van God se werkenooit ongesiens laat verbyglip nie.Mag die afwesigheid van rassismeook die einde van SEB, EE, AA en kwotas wees.Mag die belangstelling van ons regeringSuid Afrikaanse moordslagoffers ook bereik.Mag ons êrens in persoon ontmoetomdat virtualiteit altyd tweede beste is.
Mag jou drome vir 2011eers realisties wees, dan waar.Mag rekenskap beteken dat niemandkry wat hulle nie verdien nie.Daarom wens ek jou die besteVan wat jy werklik verdien.Mag 2011 die jaar wees waar niemandBy jou geld leen nie.En die wat daarmee wegkomDit teruggee met rente.Mag twiste opgelos word Sodat dat dit almal sal pasMay Stephen Hawking inventsilent weedeaters.May Richard Dawkings invent Sunrise Barking-Doggie TranquilisersMag jou tjops nie verbrand nie en jou babbalaas van korte duur wees.Mag minder as twee-derdes van jou 2011 voornemeop 2012 se lysie verskyn.
Mag daai ongewenste vetrollletjies uiteindeliknet 'n ou laatlammetjie wees.Ek hoop jy wen die Lotto en deel ditMet almal wat gehoop het jy sal wen.Ek kry jou daaikant...Steve