<<  October 2010  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031
  • Haloda

    Haloda Steve se nuwe CD met Haloda, Kol Op Die Maan, 12 uur, Asemrowend, Vredenburg, Mei en meer.
  • 1001-Super Uitgawe

    Duisend En Een2010 sees Steve's 23rd CD. A re-release in 2011 with a new hit "Ons sal dit oorleef" and 3 music videos
  • Steve sings Diamond

    Beautiful Noise 2009 ReunionAll new show! - See Gig Guide for dates
  • Autobiography

    Mense van my asem South Africa's #1 bestseller for 6 weeks! (Non-Fiction) Autobiography
    Mense van my asem Mense Van My Asem in top 5 best selling SA nonfiction for 3 straight months!
  • Steve - Live!

    Steve - Live!Come catch Steve on tour: Concert's country-wide. Check "Toer Datums" for more info.
     
Special Feature

Steve on Facebook

Steve on Facebook

EMI SA

Logo EMI

Haloda

Music Samples

Bijan Hair Boutique

Bijan

Share

Recent News
Jacob en die Lensiesop. Kom ons gaan fliek toe (Tweede Goue Filmbedryf in Suid-Afrika) PDF Print E-mail
User Rating: / 61
PoorBest 
Tuesday, 08 February 2011 13:54

My tweede bootreis was net so lekker. Dankie Bok en Goi Anker. Hier sing ek in die boot se Club Universe en die vloer spring rond onder my. Bo staan ek en Bok. Dankie MSC en die Melody span.

*
Ek dink daar is ’n rede dat ons dit “agter die skerms” noem. As elke 7 de Laan kyker, of fliek entoesias, op stel toegelaat word, sal helfte van die magic daarmee heen wees. Ek wil tog die sluier effens lig, omdat dit my ondervinding is dat meer kennis van jou gunsteling vermaak jou meer genot daartoe bring. Dit skerp ook jou kritiese fakulteite, sodat jy eendag agterkom dat nie enige pot stront jou meer vermaak nie. Maar meer belangrik, minder mense sal hulle kinders dramaskool toe stuur omdat die luigatjies oornag bekend wil wees. Kry 'n regte job, man. Een dag opstel en die koeie word gou van die kallers geskei! (Ek skryf vanaf die stel van Platteland wat Junie is Suid Afrika begin draai)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons is tans ooggetuie van die begin van die welkome en langverwagte Tweede Goue Filmbedryf in Suid-Afrika. Die eerste het saam Ge, Min Shaw, Al Debbo en die koms van televisie verdwyn. Dit is nodig om te noem waar hierdie filmbedryf begin is: hier! Die heel eerste film in die wêreld was op plaaslike bodem. Ons het nooit die ekonomie gehad om Hollywood ’n Witwatersrand verskynsel te maak nie, maar die Afrikaanse filmbedryf was altyd ’n dinamiese een. Dog na Hoor My Lied was daar enkele flieks wat die klein-skerm aanslag probeer oorleef het. Die bedryf het gesink. En alhoewel daar daardie afgelope 30 jaar af en toe oulike flieks gemaak is, was wins selde moontlik. Jy kon ons filmbedryf in een naam opsom: Schuster.

Die herlewing het minder te doen met beskikbare fondse as met patronate. Sonder mense in die teaters en inrye het ons nie ’n filmbedryf nie. Begrotings en subsidies beteken niks as jy nie TV-kykers kan aanspoor om fliekgangers te word nie.
Soos met Liefling (2010) een van die pioniers van die nuwe beweging. Hanna Hoekom en Sanna van Biljon kan ook genoem word. Honderde duisende mense kyk al so lank televisie dat niemand meer voel hul gatvelle sal agterbly as hulle hulself eenkeer wegskeur van die flikkerende skermpie nie. Doen ons iets anders? Nee. Dit is doodeenvoudig net weer tyd. Liefling se bywoning inspireer hierdie nuwe entoesiasme vir flieks maak.
Maar hoekom is winste so moeilik haalbaar? Dis dan net ’n fliek!
Per dag, 5am tot 5pm, probeer ons meer as vier minute se film skiet. Dit klink skrikwekkend. Wel, dit is. Tydens Agter Elke Man kon ons so 3 minute per dag handhaaf, dan was ons op skedule. Met sepies handhaaf hulle ten minste ’n halfuur per dag. Dit is alleen moontlik omdat die verfilming in beheerde omstandighede is, d.w.s. binne ateljees met tot vier kamers onder permanente ligte in stelle wat selde verander.

As ek teen 5.30 opstel kan wees, behoort ontbyt te wag. Ek gebruik hierdie eerste halfuur om my teks onder die knie te kry. Na koffie beweeg ek “wardrobe” toe, waar verskeie dames (gewoonlik) rondstaan met maatbande, skêre, hangers en jou kostuums vir die dag. Hierdie uitrusting word gereeld gewas en daar is soms meer as een paar van elke pak klere (vir ingeval jy daarop sou mors, of tonele doen waarin jy bloei, ens.). Jy trek aan voor jy grimering kry, sodat niks afvryf aan die klere nie. Snesies word soms in ons nekke afgedruk om ons grimering van ons wit krae weg te hou. Na grimering skuif jy oor na die haarkappers. Hulle knip en stileer nie net nie, hulle maak seker jou haarstyl lyk dieselfde as gister. Kontinuïteit. Saam met die drywer wat jou vroeër kom oppik het en die kokke, is jy al deur die hande van meer as tien werknemers. Ek groet die medic versigtig (wie altyd byderhand staan met een of ander vitamiene inspuiting) voordat ek gery word na die "location", of perseel waar ons gaan "skiet" (verfilm).
Daar gekom staan jy nader as die AD (assistent regisseur) jou roep om te kom luister na die regisseur se visie vir die toneel. Hy word dadelik omring met die span. Daar is meesal vyf keer meer werkers agter die kamers as voor die lense. Tussenin kry jy jou uitrusting soos horlosies, kieries, brille of motorsleutels,  en die klankman kom spalk sy draadlose mikrofoon aan jou been of heup. Die klein kleurlose ontvangertjie word weggesteek voor op jou bors onder jou hemp of baadjie. Indien jy geskiet gaan word, word ’n ploftoestel  onder jou klere teen jou bors geplak. Hier is geen kabels nie en die afstandbeheerder sal met die druk van ’n knoppie, as dit ’n hart skoot moet wees, jou bors in stukke laat spat met rooi gliserien. Dis pynloos. Hulle bou spore om jou waarop die kamera monteer word en na gelang van die regisseur se “plotting” (bewegings of choreografie) van die akteurs, klim beligting personeel reeds teen bome en geboue uit om ligte te plaas.
Ek begin solank my bewegings aan teks verbind. Dit wil sê, ek praat, stap die kant toe, praat, trek my pistool uit, praat, swaai om en....soek solank ’n lekker plek om te val as die “koeël” my tref. Jy doen dit in gesprek met jouself. Ek maak seker my aksies is nooit weg van die lens af nie en ek stel merkies op wat ek nooit van gaan afwyk nie. As jy doen, sal dit onmoontlik wees vir die “focus puller” om jou bakkies in fokus te hou terwyl jy beweeg. Julle werk m.a.w. vanaf dieselfde merkies. (links stap Bok by 'n winkel in en ons hou hom dop op die monitor) Die kontinuïteits dame het ’n valkoog vir enige afwykings van posisie, teks, kostuums en bewegings en sal jou gou herinner as jy die geweer die vorige keer in die ander hand vasgehou het. Daar is ’n klomp gewerskaf en bevele totdat die assistent-regisseur almal vra om te bedaar. Eers as elke departement saam gereed is, doen hulle verskeie oefenlopies, met die akteurs voorlopig in posisie. In Hollywood doen hulle tonele tot vervelens toe oor, maar soveel film kan ons nie hier mors nie. Ons oefen eerder ’n paar kere die “takes” en skiet die toneel dan twee of meer keer. Hierdie tonele word van verskeie hoeke deur die kamera gedek en elke keer stop die hele groep dan om alles rond te skuif. Foute, weersomstandighede, klankprobleme, vliegtuie, ens. kan lei tot “take” vyf of ses, self meer. Behalwe om te stop vir middagete, sal die dag en dae so voortduur, soms vir meer as twee maande lank. Suid-Afrikaanse begrotings laat nie vir langer toe nie.
Niks van bogenoemde val jou by totdat die titels aan die einde van jou gunsteling program verbyskiet nie. Min kykers bly om dit te lees. Ons hardwerkende filmspanne weet en verstaan dit. Maar nou weet jy. Jy weet veral dat niks as vanselfsprekend aanvaar kan word nie. Ondersteun  hierdie week ’n plaaslike fliek en wees ’n deelnemer aan iets waarop ons almal baie trots gaan wees:

Tweede Goue Filmbedryf in Suid-Afrika.
*

Jacob Zuma reken die gode gee voorkeur aan ANC kiesers. Amper so uitdagend soos die Jihad se maagde. Waar teken ek in? Die paralelle tussen ons Jakob (Genesis) en onse Jacob (ANC), is boeiend. G'n wonder JZ verwar homself nie:

Dis ‘n moeilike engel om te stoei die ene genaamd waan. Veral as die jou naam wil verander na Israel, wat beteken “uitverkore ras”. Maar as niemand kyk nie, verneuk Jakob die ANC netjies uit sy geboortereg. Klink bekend, nè? Ou Esau se voorland in Genesis 25.

Soos Esau is die ANC ouer as Jakob, met sommer baie meer hare. Om hom voor te doen as kampvegter vir die armsaliges, moes Jakob daardie pankop mooi op dos met bokvel. En elke dag streel die arm massas dit en se: thenk you mista Prez for saveeng the chosen people of Afreeka.

Jakob en die ANC was ook ’n tweeling. Maar Esau het Jakob (“One that takes by the heel”) aan die hak die wêreld ingesleep. Jakob was die mommy’s boy terwyl Esau verkies het om te jag en te moor. Hy was ook nooit tuis nie. Hy het die bestaande regime gedelg deur koning Nimrod te vermoor en sy klere aan te trek. Esau was nou in besit van die waardevolste eiendom wat ’n jagter kon geniet: mag. Jakob het tuisgebly met sy baie vroue en sommer baie meer kinders.

As eersgeborene was geboortereg ook Esau s’n. Nie mag nie, maar die voorreg om die goeie intensies van sy mense te verteenwoordig en bepaal. Dit was gou duidelik dat Esau nie opgewasse was hiervoor nie. Jakob sê toe vir hom: “Bemaak dit aan my.” Sela.

Die triek was verstommend. Die blinde Isak het net eenkeer die gladde kop, nou gedek in bokhare, gevryf en Jakob geseën met die woorde: Volke sal jou dien, nasies sal voor jou buig; oor jou familie sal jy heers, jou broers sal voor jou buig. Wie 'n vervloeking oor jou uitspreek, sal self vervloek wees, wie jou seën, sal geseën wees.”

Tot vandag toe loop Jakob met die tjip op sy skouer rond.
*
Nou ja. Soos ek die oom ken het hy dit met 'n groot glimlag gese. Maar hy weet hoe werk dit. Die "ANC sal regeer tot Jesus kom" het net so goed gewerk onder die hoopvolles wat nog klou aan die Struggle euforia en sy beloftes. (Almal behalwe Mnr Coetzee wat reken die Wegraping is 21 Mei 2011. Beter gou stem.)
*
Kovsies sal verlig wees dat die ANC nou weer die Deo erken, wat hulle laasweek uit die UOVS leuse gehaal het.
*
Hehe. Wat 'n maand. Die moederland skop woelig af hierdie jaar. Twee mooi troues, een cool fliek, twee lekker bootritte en verskeie konserte. Dis Februarie en ek soek 'n moerse vakansie! Wie voel nog so?

Steve
*
Bookmark these four sites to keep in touch with my everyday doings&writings: 
1.    "DIS HOE" op Jakaranda
2.    Ons dinamiese Facebook kring
3.    My alomberugte webblad (waar jy nou is!)
4.    En Twitter (vir daaglikse oppad inskrywings)
5.    Of skryf vir lidmaatskap aan die KIT fênklub! Box 288, Cornwall Hill, 0178 en braai saam my teen die einde van die jaar.

 

 
Weskusplek
Helpende Hand Fonds
Photocommission.com - Pro Photographic Services