|
I APOLOGISE. 3rdDegree was fun. Mev Patta is aspris en aanvaar geen antwoorde wat nie strook met haar idees nie. Sy verdedig die onafhanklikheid van die ANCJL, haar vreemde definisie van 'genocide' en dink ons het n laer doodsyfer na Apartheid. Dis okei. Maar sy was reg hieroor: In 'n enkele sin in Desember 2010 wat moes beteken dat die 'meeste moordenaars van Suid Afrikaners swart is', lees dit ook dat meeste swartes wat ek ken 'omarm slagtings'. DIT IS VERKEERD en nie wat bedoel was met my uitsprake nie. In Engels dan : I dont hate blacks. Never have. I hate Black policy.Will always. Hatespeech authorities did not find it hatespeech at the time (Sowetan Dec 2010) but felt it may be construed as thus by some. But Im not Malema. I dont defend hatespeech in court. I can aplogise with great ease. Like Vlismas,Patta contests my perspective of genocide. She feels at least a million fatalities qualify. I say, if a nation is 5 people strong, killing ONE is genocide. My defintion of genocide comes from the man who coined the term.
I APOLOGISE IF MY WORDS ARE READ BY SOME AS HATEFUL RATHER THAN FACTUAL. * Hier is my brief aan inbrekers:
Meneer die Onskuldige Inbreker
Volgens wet mag ons inbrekers soos u nie beseer nie en moet u beskaaf behandel word. Daarom tik en vir u ’n briefie, meneer. Dis nou net tussen ons jentelman. My belofte aan enigiemand sonder toestemming binne my erf is ‘n vlak graffie onder die Moerbeiboom. Ongemerk, maar met ‘n mooi uitsig oor Kyalami. Dis ’n vlak graf, want dan kan jy die renbaan teen die oorkantste koppie ook sien. Ek is jammer as ek ongeskik klink, maar ons gruwelstatistiek maak nie plek vir hospitality nie. Dit kan jy kry by die Holiday Inn. Hier is ontvangs minder plesierig. Hoekom is die baas nou so lielaak? Kom ek vertel jou.
Ons is nie die wêreld se ere-leiers op gronde van geweld en misdaad nie. Daar’s lande oraloor vrot van misdadige etters soos jy. Dis jammer, want behalwe spoedoortredings, is meeste Suid Afrikaners nogal wetsgehoorsaam. Ons Suid-Afrikaanse prestasies in wetteloosheid is wel bogemiddeld hoog, maar ons goue medaljes het te doen met ’n tipe brutaliteit. Iets wat mense by uitsondering gedurende oorloë waarneem. ‘n Graad van onmenslikheid wat slegs by diere voorkom. Daar is ’n uiters skraal kans dat ’n inbreker in Suid-Afrika gelukkig is met ’n selfoon, ’n TV en ’n Marmite toebroodjie. Oorsee werk humanistiese gesprekke oor nie-rassigheid, maar hier nog nie. As ek swart is en jy is swart, bars ek maar. Want gewoonlik het ek dit ook nie breed nie. Ek kan nie altyd sekuriteit bekostig nie en ek vrees maar vir my kinders se lewens soos enige ander Suid Afrikaner. As ek bruin is en jy is swart, is ons moontlik êrens in die Wes-Kaap. Maar hier geld dieselfde, weet jy? Maar as ek wit is en jy swart, weet ek die ANC/Malema lisensie vir payback inspireer ’n bietjie kreatiwiteit by jou. Daar’s selfs ’n oulike Strugglewysie wat jy kan neurie terwyl jy wit bejaardes met ’n strykyster brand. Ek vra nie hoekom jy dit doen nie. Moet nie vir my sê jy’s honger nie, want dan kry jy ’n diep graf en jy’s jou uitsig kwyt. Kom ek sê jou hoekom jy dit doen: iemand het jou vertel dat hier êrens ’n land met top Westerse stede en infrastruktuur was, wat van jou weggeneem is. Jy het geen bewyse nie maar BEE en kwotas moet tog dien as regstellende bewyse, nè? Hulle het jou niks vertel van teen watter prys nasies lande ‘koop’ nie. Teen die tyd het jy en jou nagsluipers vir my ’n 15 jaar presedent gestel vir hoe ons jou moet aanskou. As ek aan jou dink, is dit ook maar met ’n bek waar binne die Foksterriër drol nie wil smelt nie. Jy en jou tipe muurspringers het my mooiste land deur die wêreldindekse laat bars met ’n moordstatistieke van bykans 19 000 moorde per jaar. Kom ons praat nie nou inbrake en geweld nie. Ek het nie genoeg nulle op my vierde laptop nie. Met soveel respek moontlik, meneer die Inbreker, in die lig van hierdie statistiek kan ek oortreders op my werf nie veel belowe nie. Ek het gemaklik banke en die hi-fi werk. Daar’s kontant in my gatsak en so. Maar ek het nuus vir jou. Jy gaan dit nie oor die hek maak nie. Ek gaan niks sê nie. My buurman wat al op drie meter in die bors geskiet is, gaan ook niks sê nie. Helaas, jy gaan ook nie veel uitkry nie, want as God my ’n vier meter radius op jou gee, sal ek my familie met my lewe verdedig lank voor jy kans kry om te verduidelik wat presies jy in my kombuis soek. Totdat inbrekers hulleself onderskei met groot leesbare badges wat sy intensies verduidelik, is jou spasie onder die Moerbeiboom vir jou bespreek. En my Boerboele se Afrikaans is ook nie waffers nie. Ek sê hulle al jare lank om ongenooides sagkens te behandel. Jou moer, my broer en daarmee saam almal se moer wat wetgewing skep om jou landing op my grasperk te versag.
Ek weet u sluip ou mense van agter af in, maar as ek u sien kom, moet u weet: Hier, kak u.
Steve Hofmeyr.
ps. Dis Argus naweek. Soek die ryers op met hul STOP KILL THE BOER t-hemde en wit linte. Well done Carel en sterkte. Dankie Tim op OFM wat dit noem op sy stasie.
Bookmark these four sites to keep in touch with my everyday doings&writings: 1. "DIS HOE" op Jakaranda 2. Ons dinamiese Facebook kring 3. My alomberugte webblad (waar jy nou is!) 4. En Twitter (vir daaglikse oppad inskrywings) 5. Of skryf vir lidmaatskap aan die KIT fênklub! Box 288, Cornwall Hill, 0178 en braai saam my teen die einde van die jaar.
|