<<  October 2010  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031
  • Haloda

    Haloda Steve se nuwe CD met Haloda, Kol Op Die Maan, 12 uur, Asemrowend, Vredenburg, Mei en meer.
  • 1001-Super Uitgawe

    Duisend En Een2010 sees Steve's 23rd CD. A re-release in 2011 with a new hit "Ons sal dit oorleef" and 3 music videos
  • Steve sings Diamond

    Beautiful Noise 2009 ReunionAll new show! - See Gig Guide for dates
  • Autobiography

    Mense van my asem South Africa's #1 bestseller for 6 weeks! (Non-Fiction) Autobiography
    Mense van my asem Mense Van My Asem in top 5 best selling SA nonfiction for 3 straight months!
  • Steve - Live!

    Steve - Live!Come catch Steve on tour: Concert's country-wide. Check "Toer Datums" for more info.
     
Special Feature

Steve on Facebook

Steve on Facebook

EMI SA

Logo EMI

Haloda

Music Samples

Bijan Hair Boutique

Bijan

Share

Recent News
Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie. PDF Print E-mail
User Rating: / 272
PoorBest 
Wednesday, 29 June 2011 14:19

(Ek plaas volgende keer my redes hoekom ek dink Julius Malema oor die algemeen deur sy hol praat oor nasionalisering. Onder is hoe ek sou gelyk het na die Anglo Boereoorlog as ek Afrikaans durf praat het in Engelse georienteerde skole. Ek sou daardie "I am a donkey" plakkaat om my nek moes hang vir die dag. Hierdie briefie onder kom uit Middelburg, maar moet eers gelees word.)

"Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die     
waan dat jou oer-voorouers onderdruk was. Laat ons dus maar vandag oor 'n paar sake reguit praat:                     

'n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie - jy steel omdat jy skelm is.                                                                         
Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.                                 
Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na   
die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer - uitgehonger,       
hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel     
nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer   
dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige             
onderdukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit     
durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole   
afgebrand en geweld gepleeg nie.                                           
Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en uiteindelik bo       
uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese,             
tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.               

'n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou   
nie tederlik genoeg behandel nie - 'n mens moor omdat jy 'n barbaar is wat
nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.                         

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte   
gehad nie en moes hulle hulle gesinne met minder as 'n hongerloon probeer     
onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne           
uitgemoor nie.                                                             

'n Mens word nie 'n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou   
doen nie. 'n Mens word 'n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand     
het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie - ons     
het self gewerk en volhard om sukses te behaal.                             

En elke ding wat ons het, het ons verwerf.                                 

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige     
vordering nie, is dit dalk 'n goeie gedagte om op te hou soek wie anders   
as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer   
jouself in die voorspoed in.                                               

En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof   
gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of   
ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.             

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke,   
geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself 'n       
toekoms los te spook.                                                       

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie ....

X"

Mooi ne? Die skrywer wil anoniem bly.
*
Lees ook http://www.barelyablog.com/?p=2669
*
Onthou om hier in te skryf as jy saam my wil verdwyn met vakansie... http://www.youtube.com/watch?v=saI-5084ya0
*
SMS die woord STEVE aan 38655 en help ‘n minderbevoorregte student om te studeer.
*
Hier is my advies aan aspirant sangers: http://goo.gl/8nHIH en hier is Ilana Mercer se boek oor die Nuwe SA as alarm vir Amerika. http://t.co/u9duFCx"
*
Ek plaas die eerste twee resensies vir Die Verste Ver as jy nog besluit oor die boekie (hier http://n24.cm/l0eYEM en hier http://t.co/xfu6zxW ).
*

Vir meer saamlees:

1.    "DIS HOE" op Jakaranda
2.    Ons dinamiese Facebook kring
3.    My alomberugte webblad (waar jy nou is!)
4.    En Twitter (vir daaglikse oppad inskrywings)
5.    Of skryf vir lidmaatskap aan die KIT fênklub! Box 288, Cornwall Hill, 0178 en braai saam my teen die einde van die jaar.

 

 
Weskusplek
Helpende Hand Fonds
Photocommission.com - Pro Photographic Services