Steve on Facebook

Haloda

|
|
Huisgenoot storie oor Hofmeyr verlowing lek uit |
|
|
|
|
Thursday, 22 September 2011 10:41 |
|
Kan jy dit glo?
Dit gons in die leë gange van Huisgenoot (magtigste tydskrif in Afrika, onthou). Steve Hofmeyr wil weer trou? Ons by Huisgenoot het alles probeer om hierdie narsis sanger se lewensgeluk hok te slaan, maar Steve Hoffmeyer is terug vir nog. Dom drol. Hy dink hy kan ons 'n rat voor die oor draai met 94 diamante en 'n koppie tee, maar Huisgenoot het ons lesers en ons interne huwelikskenners geraadpleeg oor Steve se moontlike kanse op sukses. Dr. Annalise-Reiss Roets IV reken: "Not 'n fok. Janine is beslis swanger. Hierdie is 'n MOET trou." Maar advokaat-homeopaat John James Seop voel anders: "'n Donkie verander nie van vere. Hierdie verlowing sal verbreek word voor Skouspel 2011"
Bykans 1249 van die 1250 briewe wat Huisgenoot (grootste tydskrif in Afrika, onthou) ontvang het, is dit eens dat Janine moet vlug vir haar lewe. Meer as 1233 briewe het aangetoon dat hulle tans in 'n verhouding met Steve verkeer. Intussen het ons by een van ons moerse goeie bronne verneem hoe verskriklik sleg dit gaan met arme fokken Steve se loopbaan en dat hy ander werk oorweeg, soos vier, drie, twee en een jaar gelede. Die duisende mense by sy laaste konsert was dit eens dat Steve glad nie weet wat de fok hy doen nie. Intussen ly sy eks vrou en 12 kinders honger omdat niemand vandag kan uitkom met R100 000 pasella per maand nie. Namens Huisgenoot wil ons Steve waarsku dat as hy ons nie na sy troue uitnooi nie, ons helikopters kan huur met die salarisse wat ons spaar in Weideman se afwesigheid. Om regverdig te wees, daar was een enkele briefie van gelukwense en voorspoed van ene Paul Rothman. Party mense darem. Kan nie hulle neuse uit ander se persoonlike sake uithou nie.
Hofmeyr kon nie vir kommentaar opgespoor word nie.
- deur Martha Tos-Van der Merwe Le Roux in samewerking met G. Prins (wenner van Waneer kan ek u Spyker vir n Backstage Passprys en Y. Barnard skrywer van Ek Kots Literatuur as ek Tyd Kry om Nie Nugter te Wees Nie)
|
|